Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie is nommer vier in ‘n reeks wat eintlik geen aanhangers moet hê nie, maar wel het. Die enigste ding in hierdie een se guns is dat dit in 3D verfilm is, en dat van die tonele asemrowend is. Soos almal weet, handel die storie oor ‘n virus wat amper almal op aarde uitwis. Dié wat die virus het, word lewende dooies met ‘n behoefte vir mensvleis. Daar is baie min mense op aarde oor wat nie besmet is nie, en hulle probeer ‘n plek vind wat veilig is. Milla Jovovich vertolk weer die rol van Alice en hierdie keer is die pragtige Wentworth Miller ook te sien, weer in ‘n tronk en weer ontsnap die man. Alice se wapens is beter en groter en genadiglik het sy nie hierdie keer ‘n rokkie saam met die stewels aan nie. Dié van u wat hou van gruwelflieks sonder veel van ‘n storie en baie FX, kan u maar laat begaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar