Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Morbied verstaan ek as iets geheel-en-al anders.
   Vir my is morbied wanneer iemand hom met die dood inlaat as ‘n skrikwekkende, vrees-injaende, horrorverskyning wat beteken verrotting, gestank en verlies. Morbied is daartoe die mens wat alle aspekte van die dood vermy, gaan nie na begrafnisse, ook nie van engste familie nie, bloots aan die eie dood nie dink nie. Ook morbied is wie in die leed en smart van bure, selfs vreemdelinge, swelg en die dodesaankondigings elke môre in die koerant opsoek, wie se eerste woorde om ‘n motor-ongeluk handel, of die Jumbo wat afgestort het, orkaanoffers of die slagoffers van die oorlog in Afghanistan.

Restless is in my oë NIE ‘n morbiede film nie.


Hierdie film het eers ‘n jaar na sy eerste Duitse opvoering by ons op die platteland kom kuier. Dus het heelwat mense al heelwat daaroor gesê en geskryf, en een van die mees-gebruikte woorde is morbied. Morbiditeit word ondervind as ‘n swaar, onaangename las wat iemand saamsleep. Niks van swarelosigheid, swewe of helder ligdeurdrenkte kleure nie. En dit hét die film. Sensitiwiteit, fyngevoel. Ja, daar is oomblikke van swaarte, maar dit moet daar wees om die ligtigheid te betoon. Ja, daar is donkerte, maar dit moet daar wees om die helderheid te betoon. Vra enige kunstenaar, wat sy kuns ookal mag wees. Maar dis ‘n eie tema.

[RESTLESS, regie: Gus van Sant; met Mia Wasikowska, Henry Hopper, Ryo Kase in die hoofrolle; draaiboek: Jason Lew; VSA; 2011]

‘n Meisie, Annabel, kry die nuus dat sy in drie maande aan breinkanker gaan sterf. Wat sou jy doen? (Wat sou ek doen?) In vrees en selfbejammering verval? Nee, bewus besluit sy om „die lewe” te geniet, uit te leef, om te beleef wat die lewe haar kan bied. Te leef. Sy ontmoet ‘n ou, Enoch, wat diep treurig is, want, toe hy nog klein was, het hy sy ouers in ‘n ongeluk verloor, waarby hy self kort „klinies dood” was. Hy is vertwyfeld. „Sy” wêreld bestaan nie meer nie. Waar pas hy in? Wie staan hom by? Is dit belangrik om nog te leef? Is daar nog iets belangriks hier op aarde? Skool? Hy’t lanklaas ‘n skoolbank gesien. Sy tante wat ekstra by hom kom bly het? Het sy nie miskien skuld aan sy ouers se dood nie?
   Sy enigste vriend is Hiroshi, ‘n verstorwe Kamekazi-loods uit die tweede Wêreldoorlog, wat hom probeer oortuig dat die lewe dog iets aan te bied het. Hulle is ongeveer dieselfde ouderdom, en die gees of „spook” word daargestel as ‘n mens uit vlees en bloed wat hom meestal, nie altyd nie, begelei, en slegs van Enoch gesien kan word.
   Dis die verhaal van hoe twee mense, ‘n verstorwene en ‘n sterwende, alles insit om iemand wat wil sterf, tot omkeer te oorreed. Dit vertel dat die dood aan die einde van die lewe staan, en dis reg so. Dit vertel dat jy na die dood iets versuimdes nie kan herhaal nie: In sy hemdsak dra Hiroshi al die jare sy afskeidsbrief wat hy nie voor die vlug by die posafdeling afgegee het nie; sy meisie sal dit nooit ontvang nie.
   Dis die verhaal van ‘n mens wat nie ingee nie. Daardeur dat sy ‘n opgawe (‘n selfgestelde opdrag) het kan sy haar eie toekoms beter in die oë kyk. Sy sien haarself nie as moedig of heldagtig nie. En dit is sy nie. Sy is ‘n meisie wat ‘n meisie se dinge doen, speel en lag en dans, gaan swem, gaan fietsry, ou-modiese klere aantrek. Die enigste onderskeid is, dat sy weet hoelang nog. En ek en jy nie. En hy is ‘n seun wat ‘n seun se dinge doen, speel en lag en dans, ... En hulle doen dit saam. En die eerste soen. En iets wat sy eenvoudig móét doen voor sy haar aardse kleed agterlaat...
   Morbied? Hier is niks van morbied nie!
   Dis ‘n film wat luid uitroep, „Hierjy, in die derde laaste ry, wat so sit en treur! Ja, jy! Kyk hier, die lewe is wonderskoon. Ook vir jou.”

©.2012.                                                                .ЯҰR.                                                                        .tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Restless
Oubaas
Weereens sinvol, soos gewoonlik
Jou stille oorreding : "Gaan kyk, anders mis jy uit."
Is altyd 'n lees van jou resensies werd
Thanks

N/s. Spoel julle ook weg?
6 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 10 ure oud



BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar