Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom toevallig af op Kyknet se ou film 'Rip van Wyk',en wat 'n fees.In 1960 gemaak maar vir amper 'n eeu gelede(olraait half eeu) was dit uitstekend.Ek het geskater soos ek lag,en hoe lank laas het ek dit so geniet om te lag.'n Toneeltjie of twee het my met gepaardgaande pyn op die maag laat lag,die toneel met die blinde dogtertjie wat haar gesig terugkry het my laat snik.Die toneel waar hy in die sielkundige se gastekamer die seepbakkie onder die bed sit,het my onbedaardelik laat skater.
Met inaggenome hoeveel 'goeie'films ons deesdae het,was hierdie een 'n meesterstuk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

In die sestigs
Toentertyd het die mense (veral die koerantmense) gekla dat ,ons films' nie die hoogte van Hollywood sal bereik nie.
Toe ek na Duitsland kom, het die (koerant-)mense gekla dat ,ons films' nie die hoogte van Hollywood sal bereik nie.
En vandag? Oor die hele wêreld word gekla dat ,ons films' nie die hoogte...
En dog is daar pêrels. Ons moet dit soek en prys en ander ook daarvan vertel. Liewer as die swakkes te verdam, bly maar liewer stil.
En wag op die volgende.
GvT
2 jaar 7 maande 3 weke 10 ure oud


Resensie
Toevallig op jou resensie van hierdie rolprent afgekom. Ek stem saam met wat jy sê. Die rolprent het ek self net so baie geniet. Hoe dink jy vergelyk die rolprent met die huidige vlaag Afrikaanse rolprente?
4 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


Resensie
Dankie Johnny007, jou resensie is weer in die nuusbrief.
4 jaar 5 maande 2 dae 14 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar