Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ruth Leuwerik (geb. Leeuwerik) *23e. April 1924 – †12e. Januarie 2016


Die Nederlanders het, so ver terug as wat ek kon navors, op duitse tonele diep spore getrap.

Ruth Leeuwerik is op 23e. April 1624 in Essen (Duitsland) gebore; haar vader was 'n handelaar wat hom in die stad neergelaat het. Nadat sy matriek gehaal het, gaan sy op 'n hoër handelkskool verder leer, en het buitendien privaat toneelspelonderrig ontvang. In 1943 al gaan sy saam met die Landestheater op toernee en het einde 1944 'n aanstelling in Münster se Stadttheater gekry. Sy het haar naam na Leuwerik verduits, en so is sy oor al die jare bekend gewees. Daarna tree sy op in die meeste Noord-Duitse stede. Onder haar groot rolle behoort Gretchen in Goethe se Faust en Rosalinda in Shakespeare se „Soos julle dit graag wil hê” (Wie es Euch gefällt).

      Haar eerste film in 1950 het onbemerk verbygegaan, maar twee jare later kom haar eerste sukses. En dit met Dieter Borsche, die man saam met wie sy een van die „Droompare” van die Duitse film sou word. Onder haar bekendste filmvennote was O. W. Fischer en Hannes Messemer, twee grotes onder die duitse toneelspelers. Sy het haar gou as teenpool vir Maria Schell opgestel. Die Schell het as „gevoelsbetoon” gegeld, en die Leuwerik het eerder die selfbewuste emansipieerde vrou daargestel.

      „Netsoos na die Schell-films verlaat die toeskouers (...) met rooigehuilde oë die bioskope. Maar teenoor die „Sieltjie” Schell, het die Leuwerik selde self gehuil: Sy het die toeskouers laat huil,” sê ene Bandmann in sy boek Es leuchten die Sterne, 1979.

      Of, soos by haar tagtigste verjaarsdagfees in 2004, waar die Filmmuseum Berlyn 'n groot „Werkskou” gebring het onder die titel „Die ideale Vrou  Ruth Leuwerik en die ,Kino' (Bioskoop) van die Vyftigerjare”, is sy gewaardeer met die woorde „In haar filmrolle het sy verstaan om teen alle stereotipes 'n moderne begrip van self te verteenwoordig  anders as wat die wydverspreide vooroordeel oor ,Oupa se Kino' uit die Adenauer-era dit wil voorgee.”

      „Die Ideale Vrou” is die titel van een van haar films, 'n komedie, waarin sy 'n onaf­hanklike, suksesvolle vrou met eie idees en voorstellings speel, en wat politiek gaan maak.

      Sy het graag met Wolfgang Liebeneiner as regisseur gewerk: Sewe keer, daarvan is die suksesvolste films „Die Trapp Familie”, 1956, waarin sy die noviëtin, Maria, uit die klooster te Salzburg speel wat Baron von Trapp trou en sy sewe kinders as „ersatzmoeder” grootmaak. (VSA-nabootsing 1964: The sound of music) Die tweede film in die reeks gaan oor hul lewe in Amerika. In „Taiga” speel sy 'n duitse dokter in 'n siberiese oorlogskonsentrasiekamp. Al hoe duideliker tree sy op in films wat vroulike rolverhoudings problematiseer op 'n wyse wat ons tydtipies kan noem. Of haar rolle tragies, treurig of ontroerend was, sy „het nie haar arms uitgestrek om by 'n beskutter hulp te soek nie, maar het dadelik aangedurf en eiehandig (die wirwar uitsorteer). Daarby het sy altyd 'n dame gebly, en het 'n voorbeeld vir die vroulike Kino-besoekers geword.” (Bandmann).

      Ruth Leuwerik het driekeer getrou, in 1949 met die toneelspeler Herbert Fleischmann, van 1965-67 met die sanger Dietrich Fischer-Dieskau en sedert 1969 met die oogaarts Dr. Heinz Purper in München, waar sy tot haar dood gewoon het. Ek weet nie of sy kinders gehad het nie.

      Sy het in 32 films gespeel en, nadat sy in die sestigerjare opgehou het, het haar dan aan die TV gewend waar sy van 1963 tot 2008 aan nege groot produksies gewerk het, onder andere speurder-reekse en die verhaal van die Buddenbrooks-familie deur Thomas Mann, wat elf dele omvat.

      Gedurende haar loopbaan het Ruth Leuwerik etlike pryse en toekennings ontvang, onder meer (sover ek getel het): Vyf Bambis, tweekeer die prys vir die suksesvolste film van die jaar, Golden Gate Award van die Internasionale Filmfees in San Fransisco, sewe Bravo Otto's en in 1974 die Verdienskruis eerste Klas van die Bundesrepubliek Duitsland.

      Ons het 'n paar films op DVD met Ruth Leuwerik en dis die soort waar jy elke agtien maande of so sê, „Wil ons nie weer Die Trapp-Familie in Amerika kyk nie?”


Vielen Dank, Ruth. Ruhe in Frieden. Adé.

©.2016.___________________________c];o)-)o:[>_______________________________tje


Bronne: Wikipedia.de;
CineGraph  Lexikon zum deutschspragigen Film;
Die ideale Frau. Ruth Leuwerik und das Kino der fünfziger Jahre. Anlässlich der gleichnamigen Ausstellung im Filmmuseum Berlin, 29. April bis 15. August 2004.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

rubrieke
ai toom gaan jou rubrieke mis
1 jaar 10 maande 1 week 6 dae 21 ure oud


Interessant
Dankie Toom vir al jou interessante rubrieke oor die jare heen.
1 jaar 10 maande 2 weke 2 ure oud



DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar