Resensies

Titel: Salt

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie is ‘n spioenasieriller met meer as een komplot, dreigende atoombomme, sluipmoordenaars en een te veel spioenasiemolle. Hoewel dit goed met die Jason Bourne-tipe flieks vergelyk, kry ‘n mens die idee dat die skrywer eerder ‘n aksiefliek wou skryf, maar plek vir Angelina Jolie moes maak; en Tomb Raider was reeds vervaardig. Ek is seker outyds in dié verband, maar ek weet nie of vrouens so maer soos Jolie werklik in staat is om mans só op te voeter nie. Ek dink een goeie hou sal ‘n been breek. Dit is die enigste fliek wat hierdie week vrygestel word wat ‘n mens kan oorweeg om geld op te spandeer – maar dit sê nie veel nie. Sonder Jolie en Liev Schreiber sou daar nie veel aantrekkingskrag gewees het nie.




Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar