Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het vroeër vanaand na die dokumentêre fliek "Searching for Sugar Man" gekyk.

Hoewel ek so min of meer die breë feite agter Rodrigues en sy sang geken het, was dit nogtans insiggewend. Die fliek was oor die algemeen goed aanmekaargesit, maar volgens my word daar te veel van die kamma "Anti-Apartheid" sentiment van sy liedjies gemaak. Nêrens sien mens juis dat sy ondersteuners uit massas swart mense bestaan of bestaan het nie. Ek vermoed die deel is sommer ingelas om publisiteit vir die fliek in Amerika te probeer kry.

Ek en my vriende het in die '70s na "Sugar Man" en "I wonder" geluister, maar ek kan nie sê dat dit ons nou juis opgerui het tot anti-apartheid-betogings nie...
Die feit dat van die snitte op "Cold Fact", sy debuutalbum, nie gespeel mog word oor die SAUK se radiostasies nie, was bloot aangesien dit na dwelmgebruik verwys.
Dit opsigself (Die sensuur op die dwelmlied) kan ek nie juis as verkeerd bestempel nie. Ons het wel geweet dit is "verban", maar die LP was in die winkels te koop en ons het dit geluister. Die feit dat dit ook deur oorle Ralph Rabe (Johannes Kerkorrel) en Koos Kombuis geluister is, skeel my min.

Om op te som: Ek het die fliek geniet, daar was 'n paar goeie snitte van Rodrigues se musiek, ook van sy minder bekende liedjies, maar ek dink die gehammer op die sg. "Anti-apartheid-rebellie" wat deur sy musiek geïnspireer is, doen afbreek aan die andersins goeie dokumentêr.

(O, ja. Ek wonder steeds hoekom iemand die motorradio afgesit het toe "I wonder speel")
I wonder about the tears in children's eyes
and wonder about the soldier that dies
I wonder.. and worry my friend!

I wonder.. Wonder.. Don't you?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bollie
In die 30-iger jare het 'n VSAmerikaanse politikus geskreevloekdonder: ,Hulle kan skryf wat hulle wil. Maar die prentjies, die prentjies!' Daar het hy die spotprente bedoel, wat teen hom gerig was, wat die ongeletterde VSAmerikaanse stemvee geneusring het.

So meen ek dat ook die prentjies in die hipnotiseerkassie, die veelkleurige, bewegende, sprekende, singende prentjies, presies so gebruik word vir die ,opvoeding' van die massas vandag. Of in die land van onbeperkte moondlikhede of in die land van oorstroomde goudmyne. Die werksaamheid is dieselfde.

En dit of die SABsies dit in die buiteland gaan verkoop of nie.

,Slegte nuus is altyd goeie nuus!'
6 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 3 ure oud


Goed ge-resens
Ek het ook gister aand n fliek van Stephen Seagal gekyk wat kwansuis in SA afspeel gekyk. n klomp bollie.
6 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


Sugar man
Dit is 'n Wêreld tendens - hierdie uitvaartige sentiment met die swartes.
Ek is nie onsimpatiek nie - maar Moeder het altyd gewaarsku : Meng jou met semels en die varke vreet jou
My wonder gaan oor die totale verval van die Wêreld se ekonomiese stelsel. Juis is die eens magtige Amerika nou in gedrang.
My vraag:
Is daar enigsins 'n verband tussen die twee ge-geewes?
Dan is dit ook so dat die geskrewe, musiek en die Kunste as sulks, magtige instrumente is in enige propaganda!
6 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud



Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar