Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vertel ons meer van Pieter Koen, beskryf jouself. . . . .
In een sin: Pieter Koen LEEF! Ek word letterlik elke oggend wakker en wonder oor wat ek vandag gaan en wil beleef. Dit is vir my bitter moeilik om nee te sê vir enige aanbod om te kuier of net ‘n paar woordjies met mense te wissel. Soms voel ek soos ‘n spons wat net alle moontlike mense en dinge wil inneem en ervaar…

Wat het jy gedoen voor jy die sangloopbaan betree het?
In die stort gesing! Nee man, ek sing al vandat ek kan onthou en het selfs die Drakies bygewoon tydens my skooljare, ten einde meer van die “kuns” te leer. Terwyl dit aanvanklik maar broekskeur gegaan het terwyl ek die mark probeer betree het, het ek die pot aan die kook gehou deur versekering te smous. Dit is nou nege jaar gelede en ek kyk nie vir een breukdeel van ‘n sekonde terug nie.

Jongmense in Hatfield het jou musiek leer ken toe jy by Good 4 Fellas gesing het, kan ons nog optredes van jou verwag daar, hierdie jaar?
Ek is werklik baie dankbaar vir die “slyp-jare” by Good4Fellas en ook vir die jongmense wat so getrou my vertonings daar bygewoon het (en steeds doen!). Ek glo dat ‘n mens nooit jou wortels moet vergeet nie en tree steeds so gereeld moontlik op 'n Donderdag-aand by Good4Fellas op. Die mense daar voel soos familie en is gereeld my proefkonyne vir nuwe idees en liedjies.

Jy hou jou tans besig as aanbieder vir Kwêla, en was voorheen radio omroeper. Hoe ervaar jy die verskillende twee mediums en watter een verkies jy?
Ek het my omroeper-dae terdeë geniet en soveel vriende deur dit gemaak. Dit is ook waar “Skud jou Biscuit” werklik begin lewe kry het. Met my aansluiting by Pieter Cilliers Produksies (Kwela), moes ek gou die radio-stem afleer (en ook meer oplet na die fisiese voorkoms!). Dit is moeilik om te kies tussen die twee mediums, omdat ek soveel goeie dinge uit elkeen geleer het, maar ek moet sê dat ek die TV-werk op hierdie oomblik verkies. Die Kwêla-span is ook soos ‘n hegte familie en is ‘n onmisbare deel van my loopbaan.

Wie sal jy sê is jou inspirasie en musiek rolmodelle?
Mense en gebeure inspireer my. Soveel soos ‘n goeie fliek, geniet ek dit soms om net vir mense te kyk en hul doen en lates te bewonder. So ook inspireer ‘n gehoor se reaksie my – ek kan voel asof die Bloutrein sewe keer oor my gery het, totdat ek op die verhoog klim en die eerste applous en fluit ervaar, dan is ek ‘n ander mens. Om ‘n spesifieke persoon of groep as musiek-rolmodel uit te sonder, is werklik moeilik. Sedert ek kan onthou versamel ek musiek, van klassiek tot Rock, en gereeld luister ek na nuwe produksies van ‘n menigte plaaslike en oorsese kunstenaars. Myns insiens is Steve die grootste kunstenaar in SA en glo ek dat meeste van ons kunstenaars aspirasies het om eendag sy sukses te ewenaar.

Saam met wie sal jy graag wil optree?
Ek is bevoorreg om al die verhoog te kon deel saam met die die meerderheid van SA se groot kunstenaars en het al selfs saam met die internationaal bekende groep Smokie getoer en opgetree. Die warmbloedige man in my sal graag wil optree saam met Shakira, Anastacia en Madonna, maar die kunstenaar in my sal weer saam met Robbie Williams, The Eagles, U2 en Neil Diamond die verhoog wil deel. Mens mag maar droom, nê?

Wat sal jy sê was jou "most embarresing" oomblik op die verhoog?


Wow, dis moeilik daar was al 'n paar...  Mmmm, so paar jaar terug by 'n 4x4 Expo van die verhoog af geval... need I tell you more...?

Vertel ons iets wat niemand van Pieter Koen af weet nie?
Sjoe, dis moeilik; klink soos ‘n cliché, maar die Pieter Koen op die verhoog is dieselfde ou by die huis en tussen vriende. OK, ek gee bes: ek is absoluut verslaaf aan asyn – my gunsteling-gereg (wanneer vroulief nie kyk nie en wanneer daar nie braaivleis is nie) is gebraaide hoender van die kafee op die hoek, wat ek  verdrink in asyn voordat ek wegval! 

Jy het onlangs pa geword, watse veranderinge moet jy nou begaan vandat die kleinding in jou lewe is?
Ek dink ons almal het ‘n skakelaar wat aktiveer sodra jou baba sy eerste skree in die hospitaal gee. Onmiddelik is jy vol liefde vir die kleinding en dinge wat jy voorheen nooit sou doen nie, kom skielik natuurlik. Die klein karnallie het vinnig ‘n stokkie gesteek voor sy pa se natuurlike gewoonte om laat te lê en waar ek voorheen sou oorslaap op ‘n veraf vertoning, skroom ek nou gladnie om terug te ry huis toe na ‘n vertoning net om by hom te wees nie. Onlangs het ek na ‘n vertoning op Bloemfontein die "graf-stil oggend-ure" op die pad na Pretoria aangedurf en die moegheid was vergete toe ek betyds by die huis instap om hom te sien wakker word.

Jy is baie skerp, watse deel sal jy sê moet humor in ons samelewing hê?
Ek glo dat daar in ieder en elke ervaring en situasie ‘n tikkie humor geleë is en dat ‘n mens soveel dinge anders kan ervaar en hanteer indien jy jouself toelaat om dit raak te sien. Dink net hoe wonderlik dit sal wees indien jy kan glimlag vir die ou wat jou parkering steel, omdat hy miskien ‘n komiese “bumper-sticker” op sy 1950 DKW het…

Wat kan ons nog alles van Pieter Koen die jaar verwag?
Soveel vertonings as moontlik met ‘n nuwe CD wat hopelik teen September 2006 op die rakke sal verskyn.  Almal wag ook narstigtelik op 'n DVD...tyd sal leer!

Wat irriteer jou?
Spitsverkeer! Pessimisme, aggressie, leed aan kinders gedoen en mense (kunstenaars ingesluit) wat hulself bo ander verhewe ag.

Wat inspireer jou?
Mense (jonk en oud), vriende en sielsgenote, houtvure, die adrenalien voordat jy op die verhoog klim en lewendige gehore.

Jou gunsteling quote?
Skud jou Biscuit!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

SOS!
Hi Yolandi

Kan jy my dalk help ek wou altyd in joernalistiek se rigting in gaan watter vakke het jy nodig en waar swot jy ens? Kan jy dalk 'n blonde in need help?
Groete
Chanti
13 jaar 5 maande 1 week 2 dae 11 ure oud



N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar