Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nog altyd n groot aanhanger van Marzanne Leroux-Van der Boon se boeke. Veral haar boeke oor die lewe in Israel bring n mens diep onder die indruk van die Israelis se stryd om oorlewing as staat onder die aanslae van sy vyandige Arabiese bure wat hulle geen bestaanstreg gun nie.

In haar boek “soos honde van die hemel” kom Marzanne egter Suid-Afrika toe en met haar meesterlike skryfkuns lig sy die hartseer en frustasie van die ontwortelde kleurling gemeenskap uit toe Dieprivier in die Kaap as blanke gebied verklaar is en die mense moes padgee.

Die hoofkarakter in die boek, Ruaan, was die kind van n kleurlingvrou en n Nederlandse diplomaat. Na sy geboorte gee sy ouers pad Nederland toe en word hy by sy ouma gelaat om hom groot te maak.

As kind gaan hy al hierdie ellende van hierdie ontwortelde mense deur en word ook voortdurend deur sy oompie Willy seksueel gemolesteer. Mens kan moontlik sy soekende en rustelose geaardheid hieraan toeskryf.

Hy sluit later by sy ouers in Nederland aan waar hy as onafhanklike joernalis begin werk.

Ruaan keer terug Suid-Afrika toe as ondersoekende joernalis na die sogenaamde wit vrees net voor 1994. Deur sy terugblikke in die verlede ervaar ons sy hartseer en verdriet van die ontwortelde kleurling gemeenskap in die sestigers

Hy besluit toe om sy wortels van die verlede te gaan opsoek en ontmoet hy vir Anne-Jeanne, n blanke onderwyseres, wat nou in hulle huis in Avondstraat woon.

Anne-Jeanne se pa was n predikant en deur haar terugblikke ervaar ons die anderkant van die storie.

Hulle raak verlief op mekaar en toer sy die land saam met hom deur in sy ondersoek na die sogenaamde wit vrees. In sy skrywes na Nedeland word ons intens terug gevoer na die tye in die vlak negentiger jare.

Dat sy verlede n groot invloed op Ruaan het word sterk onderstreep deur die feit dat hy nie n vaste verbintenis met Ann-Jeanne wil aanknoop nie en verlaat hy haar.

Hulle behou egter kontak en is dit nadat sy deur n swartman verkrag is wat Ruaan besluit om terug te keer na haar toe.

Soos honde van die hemel is een van Marzanne se beste boeke ooit. Dit is egter nie die tipe boek wat mens vir kinders sal gee om te lees nie want die seksuele sy van die verhouding tussen Ruaan en Anne-Jeanne word redelik beskryf. Die verkragting word in detail beskryf wat moontlik sensitiewe lesers kan ontstel.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Honde
Neels, het jy dalk 'n idee waar die boek beskikbaar is? Dankie vir jou mooi opsomming.
5 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 12 ure oud


SOOS HONDE VAN DIE HEMEL DEUR MARZAAN LEROUX-VAN DER BOON

Dankie vir die inligting Neels.
5 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 16 ure oud


Honde
Dankie Neels..
5 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 19 ure oud


Honde
Dankie Neels. Ek gaan hierdie boek soek tot ek hom kry.
5 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 23 ure oud


Resensie
Ja, vele dank vir jou resensie Neels. Nog nie die boek gelees nie, maar ek neem kennis.
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 6 ure oud


honde
Dit klink baie interessant, dankie Neels, sal beslis uitkyk daarvoor.
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 6 ure oud


Van der Boon
Dit klink soos iets wat ek moet lees. Dankie vir jou resensie en bekendstelling.
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 7 ure oud


honde
dankie Neels.
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 12 ure oud


Honde
ek lees nogal baie en soms loop mens net daardie uitstaande boek raak wat mens wil voel dat mens iets oor die boek wil sê. so n voek is honde uit die hemel vir my
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 14 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar