Resensies

Titel: Step Up 3

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nommer drie in die reeks handel oor ‘n groep straatdansers wat met eerstejaarstudente saamspan om ‘n kompetisie te wen. Die 3D-tegnologie is nie sleg nie, en dit is omtrent al wat ‘n mens oor hierdie fliek kan sê. Die fliek is deurspek van aaklige clichés en die storie loop volgens ‘n formule tot sy logiese einde. Die akteurs is almal betreklik nuut en dit blyk duidelik uit die amateuragtige vertolkings. Nuwelinge Rick Malambri en Sharni Vinson vertolk die hoofrolle. Ek is nie seker of hierdie rol dieselfde vir Rick Malambri sal doen as wat dit vir Channing Tatum gedoen het nie. Indien jy van hierdie tipe “dans” hou en nie ‘n epiese wonderwerk soek nie, gaan gerus, maar moenie te veel verwag nie.




vir koeitjies en kalfies

deur DMJR

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar