Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het gisteraand die rolprent, Susanna Van Biljon gekyk. Ek het dit darem tot die einde gemaak waar ek dit nie eens tien minute in Liefling en Jakkalsdans ingemaak het nie. Ek moet egter sê die storie en die karakters kon beter ontwikkel gewees het. Veral die karakters van Karen Zoid en Nico Panagio het baie groter moontlikhede op ontwikkeling gehad.
Karen Zoid toon in sekere tonele van die beste toneelspel wat ek nog gesien het terwyl Nico Panagio se toneelspel meesal oordrewe was. Dit het my ook baie in Soetlief gepla. Dit kon ek egter nog verdra.
Wat my pla is die baie bekende gesigte van sangers wat deesdae in Afrikaanse rolprente gebruik word om mense na teaters te lok. Ek glo ons het sterk genoeg akteurs wat teatersitplekke kan volmaak en het nie foefies nodig om dit te doen nie. Daarby is baie van ons akteurs ook goeie sangers as sang in rolprente nodig is.
Die rolprent self ontwikkel nie regtig sover dit die storie aangaan nie. Dinge verloop te terloops. Ek sou graag wou gesien het dat Susanna by kroeê en ander eetplekke gaan aanklop om die kans te kry om te sing. In die rolprent word die idee geskep dat sy graag wil sing. Jy sien dit egter nie regtig nie.
Die talent agent word voorgehou as ‘n genadelose man wat nie vir sy sangers omgee nie. Die toneel met Nicolas Louw en die agent aan die begin wild it vir ons sê maar jy sien dit nie werklik nie. Geen agent wat ‘n sanger wil behou sal sommer so toelaat dat ‘n sanger van hom af wegloop sonder dreigemente van hofsake en loopbaan vernietiging en bestaande kontrakte nie. Hy probeer Susanna ‘n kontrak laat teken. Ek sou dink dat daar iets in daardie kontrak gestaan het wat seker maak da thy ‘n wurggreep op haar het. Sou hy dan nie ook so ‘n kontrak met Nicolas Louw gehad het nie as hy sy loopbaan tot op daardie punt gebring het.
Die ander probleem wat ek met die rolprent het is karakter wat regtig onnodig in die rolprent was soos die van Shaleen Surtie Richards en die rolle van David Reese se seun en die se meisie.
Ek wil ook weet hoe dit is dat ‘n onbekende sanger wat nog nie eens ‘n cd op die mark het nie by Skouspel kan optree. Daarby nog ‘n onbekende daarby.
Susanna Van Biljon is ‘n rolprent met baie onontginde moontlikhede. Ek het dit klaar gekyk omdat ek in die bed gelê en die afstandbeheerder te ver van my af was en ek te lui was om op te staan om die DVD speler af te skakel. Karen Zoid se sang het egter daarvoor vergoed.
O! Ja, Die TV. het afgeskakel ‘n halfuur nadat die rolprent klaar was. Ek het dus nie nodig gehad om dit af te skakel nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Resensie
Baie dankie vir hierdie volledige resensie. Ek plaas dit in hierdie week se nuusbrief. :)
7 jaar 5 maande 1 week 3 dae oud



Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar