Resensies

Titel: Swartskaap
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Afrikaanse sangroep Swartskaap het onlangs by Cherry Jam in Hatfield square opgetree. Die groep wat  bestaan uit Fritz Blitz, Andre Duister en Lusern Delport het so jaar en sewe maande terug begin musiek maak, en die res is geskiedenis. Hul het al die verhoog gedeel saam met die Alternatiewe rocker Valiant Swart en het laas jaar by die Aardklop kunstefees se Klippies en Cola tent musiek gemaak.

Die groep se musiek bring beslis ‘n fresh vibe aan die Afrikaanse mark, en as dit kom by filosofies raak oor die liefde kan jy die groep niks vertel nie. Ek vergewe jou baby, een van hulle liedjies gee jou behoorlik hoendervleis as jy gaan luister na hul interpretasie van die woord liefde .Hulle liedjies gaan egter nie almal oor die liefde nie en wissel van mekaar sodat jy nie verveeld raak met die musiek nie. Die hoofsanger Andre Duister se ongelooflike diep stem hou jou vasgenael en as hy en Fritz Blitz met sy meer sagter stem saam sing, vind die twee se stemme ongelooflike aanklank bymekaar.  

Die instrument gebruik getuig daarvan dat die klompie ouens weet wat hulle doen. Andrè Duister is ervare met kitaar en mondfluitjie, terwyl die drommer Lusern Delport nie net met stokkies kan speel nie, hy het ook bewys hy kook op die perkussie. Die perkussie, kitaar en mondfluitjie maak saam die lekkerste klanke wat die groep se musiek so uniek maak.

Daar skort niks as dit kom by verhoog persoonlikhede nie, en die Fritz Blitz het gedurig die mense aan die lag tussen die liedjies deur. Dis duidelik dat die drie hulself in leef in die musiek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sommer net
Dankie vir jou inligting oor ons sangers en groepe. Ek wil net weet ons het 'n tyd terug na 'n sangeres Magda Greyling by Montana vlooimark geluister kan jy vir my biedjie meer inligting oor haar kry sy sing nogal goed.
Dankie
13 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 23 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar