Resensies

Titel: Takers
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die storie handel oor ‘n groep professionele bankrowers wat ‘n reuse bedrag geld wil steel en die polisieman wat in hulle pad staan. Op die oog af is daar baie min verkeerd met die fliek, maar daar is ook bitter min wat reg is. Die fliek is deurspek met lagwekkende clichés en met tye is die kaasfaktor werklik hoog. Die idee was goed, maar regisseur John Luessenhop moet dalk eers ‘n paar klasse gaan loop by mense soos Jerry Bruckheimer en John Carpenter. Die rolverdeling sluit name soos Paul Walker, Matt Dillon, Hayden Christensen en Jay Hernandez in, maar ongelukkig is nie een van die karakters werklik drie-dimensioneel ontwikkel nie. Oor die algemeen snert, maar die manne sal hou van die FX en jaagtogte.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar