Titel: The A-Team
Weergawe: 1
Aantal woorde: 134
Kere gelees: 184
Datum gepubliseer: 19 Aug 2010
Die fliek is gebasseer op die TV-reeks van 1983 waarin vier Vietnam-oorlogsveterane hul onskuld moet bewys aangaande ‘n misdaad wat hulle nie gepleeg het nie. Die storie is dieselfde, maar hierdie een spruit net uit ‘n ander oorlog – Irak. Die regisseur is Joe Carnahan wat not betreklik jonk is, maar hy het reeds die fliek Smokin’ Aces op sy kerfstok en dit was voortreflik. Liam Neeson, Bradley Cooper, Quinton Jackson en Sharlto Copley vertolk die hoofrolle met Jessica Biel byderhand vir die manne. As pure vermaak is dit heerlik, maar dié wat die oorspronklike reeks onthou sal hier en daar fout vind met die karakters. Persoonlik is ek nie mal oor Bradley Cooper nie en Carlto Copley se vertolking van Mad Murdock is ook nie waffers nie. Nogtans ‘n goeie huldeblyk aan die oorspronklike reeks.
Lees ander resensies deur Geraldine Paulsen
E-pos my as kommentaar gelewer word
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom resensie
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie resensie

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Gedigte
Resensies
Woes-Nuus
Artikels
Rubrieke
