Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op ’n dorp in België het ’n jong vrou ’n tattoeieerateljee; ’n jong banjospeler in ’n bluegrass-combo kom verby. Die chemie, die vibes, alles pas bymekaar. Dadelik. Sy besoek ’n konsert van hom; nie alte lang nie en sy sing saam op die verhoog, die band speel oral, word beroemd. ’n Sprokie: Aspoestertjie, Doringrosie. Maar dan. Maar dan...

The Broken Circle; België, 2012 Regie: Felix Van Groeningen, Kamera: Ruben Impens, met Veerle Baetens, Johan Heldenbergh, Nell Cattrysse, e.a.; 112 Minute, kleur. Die titel is afgelei van ’n bluegrass-lied, „Will the Circle be unbroken?” ]

Merkwaardig dat ’n groepie vlaamse musikante hulle intensief vir 'n musiekrigting interesseer wat ’n bietjie veraf van die mainstream is, en ook goed sing en speel. (Ek het oral gesoek maar nie gevind dat hulle gecover het of karoake van 'n ander egte groep maak nie. Hulle het in die film eie musiek van besonders hoë kwaliteit gelewer, ook spraaklik perfek.)
   As ’n storie ’n storie wil wees, moet  iets gebeur, moet ’n rigting aangedui word. Elise (Baetens) word swanger, en Didier (Heydenbergh) kry ’n woedaanval. Dit was nie in hul planne nie... Maar gou-gou word die ou huis opgekikker – tot dan het hulle in ’n ou woonwa in die agterplaas op die plot gewoon. Hul dogtertjie Maybelle (Nell Cattrysse) is van begin aan die middelpunt van hul lewens. Hulle bring haar alles by wat 'n kind moet weet –  op hul eie alternatiewe manier – sy kry haar eerste cowboy-stewels, maar met ses kry sy kanker, en ons sien hoe die dood al hoe nader sluip. Ons sien hoe  die ouers in weerwil van alles deur hul liefde vir mekaar en hul kind staande bly.
   Tot Maybelle se dood. Dan kom die verwyte en beskuldigings; kleinighede wat jare lank vergete sou gewees het, het in die agtergrond gesluimer en breek nou op die oppervlakte uit. Hulle gaan uitmekaar maar sing tog saam op die verhoog „If I Needed You“. (As ek jou sou nodighê, kom jy om my innerlike pyn te versag?) Een aand is dit eenvoudig teveel vir Elise...

Die storie is gou vertel, MAAR dis die vertelstyl wat belangrik is: Hier word na vorentoe én terug in die tyd gespring van hul ontmoeting na hul groot sukses, van Maybelle as „groot” kind na ’n skreeuende bondeltjie luiers, van ’n huis met ’n stoepdak uit glas na die woonwa... Heen en terug. En dis eintlik glad nie verwarrend nie. Mens volg een lyn van die verhaal tot ’n punt, waarby die terugflitse nodig is („Onthou jy nog?”), asook die voruitblikke. (Hier is hulle nog arm, maar iets kom nog.) Dan spring ons na ’n ander lyn, en nog ’n lyn,... Later ken ons al die lyne, en dit loop vlot sonder dat iemand moet kopkrap.
   Dis ’n goeie storie, treurig-mooi kan mens sê, geen hêppie-end nie, met goeie toneelspel  nie net van aldrié(!) hoofdaarstellers nie, maar van almal. Watse „lyne” vervolg ons? Buiten die liefdesverhaal is dit ook die storie van 'n huwelik tussen twee grond-verskillendes, die meisie met katolieke agtergrond trou die bekennende ongelowige, hulle opvatting van sedes en waardes verskil. In die verloop toon hy 'n plofbare natuur, hy soek  die skuld vir die lyding van sy dogter by die religieuse fanatikusse (bv. G.W.Bush in die TV). Alles word deur hulle liefde vir mekaar en Maybelle gedra. Tot die breekpunt bereik word. Het ek ook 'n religieuse lyn gespeur? Aan Elise se sterfbed groet Didier, die ateïs, deur haar te wens dat sy goed aankom en vir Maybelle groet.
   En die musiek! Dit ís ewe hillbilly-musiek, dit ís vinnig, dit ís geluidsterk... En dit ís wondermooi: As jy nie die film-DVD kan kry nie, dan die soundtrack-CD. (Die bewegende prente help , natuurlik, maar die musiek staan op sy eie voete! Dws. Dit dans eerder.)
   Goed en graag vyf sterre, ofskoon menige kritikusse meen dat die woedaanvalle oor Bush onnodig was. Ek bly by vyf.

©.2013.____________________________c];o)__:__)o:[>______________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

--
Ek pleit skuldig! Ek het nie die film gesien nie maar jou resensie daaroor is uitmuntend geskryf. Dit lees amper soos 'n kortverhaal.
6 jaar 4 maande 3 dae 18 ure oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar