Resensies

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Professor wat spesialiseer in antieke simbole word onverwags betrek by 'n moord nadat die kurator van die Louvre vermoor word. Sy soektog lewer baie onverwagse resultate. Die hoofrol word vertolk deur Tom Hanks en die regisseur is Ron Howard. Paul Bettany vertolk sy rol briljant (die van julle wat sy naam nie herken nie, hy was Heath Ledger se "voorsanger" in A Knight's Tale). Almal wat oor die fliek tekere gaan, dis fiksie mense – goeie vermaak met 'n goeie storie vir 'n verandering.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verwarring
Die herrie oor The Da Vinci Code is nie heeltemal ongegrond nie. Ek het The Dan Vinci Deception gelees en daar kom vele feite deur wat verdraai is in The Da Vinci Code. As mens selfs met die naam begin, klink dit baie geheimsinnig. Erkende navorsing het getoon dat Leonardo Da Vinci nie 'n veer gevoel het vir ideologiee en politiese of geloofsbewegings nie. Die 'kodes' wat hy glo in sy skilderye ingeskilder het, bestaan nie! Die navorsing vir hierdie boek is definitief onakkuraat en verdraai.

Die argument dat dit goei vermaak is, maak nie vir my sin nie. Ons hoor daagliks die naam van ons Heer ydelik op TV gebruik en met Da Vinci Code gaan dit nog verder. Is dit regtig goeie vermaak as die kennis waarop jou beginsels gebou is verdraai en onsinnig gemaak word? In die boek word geloof bloot afgemaak as 'n menslike behoefte. As jy dus hierdie fiktiewe werk aanvaar, gee jy te kenne dat daar NIE 'n lewende God is nie? Mense, ons het nou onlangs gehoor van tekenprente van die profeet Mohammed waaroor daar 'n groot bohaai gemaak word. Dalk moet ons as christene ook begin om nie meer vermaak wat ons geloof betwyfel te duld of dan ten minste te ondersteun nie. Kyk bietjie die fliek Constantine en die reekse The Simpsons en South Park. Ons laat toe dat dit waarin ons glo bietjie vir bietjie onder ons uitgeruk word.
13 jaar 5 maande 4 ure oud


The Da Vinci Code
Hoekom raak die Rooms katolieke kerk so histeries as hulle niks het om weg te steek nie?
13 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud


Die Da Vinci Code
Hello

Goeie vermaak is dit wel maar raak tog ook aan meer as net vermaak, miskien ook maar net weer vir sommige. Die onderliggende tema is Christologies van aard of te wel dan die vraag rondom wie Jesus nou eintlik was of is. Enige boek wat oor die tema handel is, vir my, goed. Miskien kan ons maar sê dat die vraag rondom die tema nog nooit 'afgesluit' is nie wat weereens vir my 'n goeie ding is. Soveel mense, soveel sienswyses, sê hulle mos. En elke nuwe generasie moet ast ware daardie vraag opnuut oordink en eiesoortige antwoorde daarop gee. Goeie vermaak maar ook die stimulering van 'n noodsaaklike, dikwels, vir sommige,lewensgewende, voortgesette gesprek en nadenke oor hoe ons die Jesus nou eintlik ervaar en verstaan. Dankie vir jou stukkie gesprek. Sowaar 'n lekker fliek!(en 'n Knights Tale ook)

Groete
Note
13 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar