Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat 'n wonderlike ervaring!

"Disney's The Lion King Broadway" weerspieel die ware reis van jong Simba om op te leef na die koning wat hy bedoel is om te wees.

Die storielyn, kostuums en goeie humor hou beide jonk en oud gebind en laat die gehoor deel voel van Simba se reis. Van opgewonde, nuuskierige jongeling tot 'n verwarde tiener wat man word deur op te staan vir homself en die trop!

Die spel is wel drie ure lank met 'n tussenpouse van 15 minute, alhoewel 'n mens dit nie eens agterkom nie. Selfs die kinders het regdeur wakker gebly en dit baie genotvol gevind (en dit was 'n weeksaand!)

Die hooftaal is Engels, en ander SA-tale word ook gebruik, wat dit net meer Suid-Afrikaans laat voel! En dit het waarlik goed gevoel om selfs Afrikaans in so 'n groot blyspel te hoor. Afrikaans is dan so LEKKER TAAL MAN!!

Die teater is ook redelik goed uiteengelê met 1900 sitplekke. Ons het wel hoog op die gallery gesit, maar kon alles duidelik sien! Die met lang bene sal dalk kla oor die beenspasie, verder was dit gemaklik.

Hierdie is 'n belewenis, die kostuums is uiteraard van die bestes en selfs op die gallery het akteurs uitgekom om die hele gehoor deel te maak van die opvoering.

As jy nog wonder of jy wil of nie wil gaan nie. GAAN BOEK JOU KAARTJIE!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar