Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dié fliek is weer vervaardig na aanleiding van ‘n vorige kunsfliek met dieselfde naam. Dit handel oor ‘n vrou wat gearresteer word vir ‘n moord wat sy sê sy nie gepleeg het nie. Nadat sy drie jaar van haar vonnis uitgedien het, het haar man drie dae tyd om haar ontsnapping te beplan en uit te voer, omdat hy dink sy gaan selfmoord pleeg. Russel Crowe vertolk die hoofrol en hy probeer sy bes, maar die fliek verleen geen hulp aan sy vertolking nie. Dit is oor die algemeen nie swak nie, maar is onoortuigend en is plek-plek baie tydsaam. Dis nie een van regisseur Paul Haggis se bestes nie. Liam Neeson en Brian Dennehy is ook te sien.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar