Resensies

Titel: The Ruins
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie fliek sou ook as wetenskapsfiksie bemark kon word. Skrywer Scott B. Smith het die boek geskryf en toe aangepas om ‘n fliek daarvan te maak. Die storie handel oor ‘n klomp jong toeriste in Cancun, Meksiko, wat gaan soek na een van hulle se broer wat verdwyn het. Hulle verdwaal en kom op ‘n Maya dorpie af met inwoners wat uiters onvriendelik is. Die dorpenaars dwing hulle om ‘n heuwel uit te klim wat met ‘n eienaardige plant toegegroei is. Teen die tyd dat hulle uitvind dat die plant ‘n suur afskei, self kan dink, ander naboots en vleisvretend is, is dit te laat. Die geskiedenis herhaal homself telkens. Die akteurs in die fliek is meestal nog onbekend. Die enigste herkenbare een is Shawn Ashmore, (laas in X-men). Die ander het nie veel agter hulle name nie, en anders as dié in Cloverfield, is hulle nie so oortuigend nie. Jena Malone het wel al baie gewerk, maar nog nie juis naam gemaak nie. As jy hou van gruwelflieks, gaan kyk gerus hierna. As dit nie vir die grafiese bloedtonele was nie, sou die fliek eintlik lagwekkend gewees het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar