Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Moenie te hard soek na CS Lewis se klassieke werk in hierdie film nie. Die Mickey Mouse weergawe is wel daar in ʼn skattige toneel waar die leerling te lui is om self skoon te maak, en die besems lewendig maak totdat hulle te ver gaan en die perseel oorstroom.

Dit is wel salig om ʼn film te sien waarvan die draaiboekskrywer oor voldoende woordeskat beskik. Met ander woorde die skrywer hoef nie die hele tyd na vuil taal te gryp om sy boodskap oor te kry nie. Nicholas Cage speel die leermeester heel oortuigend. Goeie toneelspel help nogal om die geykte towenaar genre lewendig te hou. Ongelukkig moet ʼn mens deesdae na vampiere en towenaars kyk om iets kykbaars uit Hollywood te sien.

Oor die algemeen is dit welkome gesinsvermaak. Daar is iets vir amper almal hierin. Die spesiale effekte (animasie) is ook weer op standaard – te veel films bied dit deesdae slordig aan. Hier is dit weer op die vlak van Star Wars Episode 1 waar die oorgang tussen animasie en werklikheid soomloos was. Die effekte is dus nie steurend nie.

Goeie kwaliteit ten spyte van die storie, gee die film 7 uit 10. Ek het R22 betaal en dit was beslis dubbel soveel werd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar