Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie een is net vir mense wat die fyner aspekte van flieks waardeer. Enige iemand wat Merchant-Ivory produksies geniet, sal mal wees hieroor. Dit speel af in Shanghai, 1936. Vanessa Richardson speel 'n russiese aristokraat wat saam met haar familie Shanghai toe gevlug het na die revolusie en sodoende al haar status en rykdom verloor het. Sy werk in 'n restaurant en word betaal vir als van 'n dans tot seks. Ralph Fiennes speel 'n blinde amerikaanse diplomaat wie se loopbaan naby aan sy einde staan. Die twee ontmoet per toeval en hy nooi haar uit om by sy nuwe restaurant te gaan werk. sy stem in en hulle vriendskap en onderdrukte liefde vir mekaar begin daar. Alles van hierdie fliek is net asemrowend. Die kostuums en stelle het soveel detail dat jy amper voel asof jy in 1936 lewe. Die regie is klaarblyklik uitstekend gehandaaf, maar die beste ding in die fliek is beslis Ralph Fiennes. Hy doen dit net soveel beter as Elma Postma. Hy lyk asof hy enige oomblik kan neerval en 'n been breek. Hy loop gedurig in als vas. As jy van Kunsflieks hou, beveel ek dit beslis aan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar