Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

En wat gebeur as jy ouma is, en jy vergeet byvoorbeeld om jou medisyn te sluk, of met die hond te gaan stap, of die vleis uit die oond te haal, of... enigiets. Enigiets onbelangriks, wat ánder mense ook maar vergeet? En jou skoondogter „genoeg" het van agter jou aan opruim en nat lakens uitruil? En jou seun in die diplomatiese diens te min tyd het om na jou om te sien? En jou kleinkind hulploos en hopeloos daar staan en toekyk? Dan is jy al op pad in die ouetehuis. Dan word jy ingelewer; dan word jy afgelewer. Dan is jy uitgelewer.
.
BIS ZUM HORISONT, DANN LINKS: De: 2012  ]
.
So gebeur dit dan ook, en sy bevind haar skielik in 'n triestige kamertjie êrens, en haar familie maak hulle gereed om totsiens te sê. Daar sien haar seun op die kennis­gewing­bord dat hulle in 'n paar dae 'n uitvluggie in 'n vliegtuig gaan maak. „Ek het nie geweet dat ek so gou in die hemel gaan kom nie," ewe droog. En dan al die nors oumense wat voel dat hulle hier afgeskeep sit, van hul kinders in die steek gelaat, en die rolstoelvrou wat slegs en alleenlik „Totsiens," sê. En dan nog die jong poppetjie wat hulle moet animeer met „lustige" spele en gimnastiek en 'n vrolike gesig te alle tye.

   Niemand weet dit nie, slegs die nagwandelaars, dat 'n konstabel haar snags in die dienskamer kom besoek. Een van hulle sien dat hy onverskillig sy dienspistool oor 'n stoel in die voorkamer gehang het en steel dit om hom self in die tuin om te bring. Daar hoor hy 'n vliegtuig oor hom verbyvlieg en steek die wapen weg.

   Die volgende môre klim almal in die Junkers („Tante Ju"), 'n oorlogsveteraan met twaalf sitplekke om 'n rondte van 'n halfuur te draai. Skaars in die lug en die man met die pistool rig dit teen die kop van die loods: 'n Vliegtuigontvoering! So vlieg hulle eers oor Weenen, waar hulle proviand en luiers (vir die inkontinente oumense) oplaai. En om vol te tenk. Die afgetrede toneelspelerin word in wallende valskermstof gehul en gee die bevele aan die grondpersonaal. Maar 'n Russiese delegasie word verwag, en die senuweeagtige Chef du protocol beveel dat die slurp van die tenkwa uitgetrek word nog voor dit vol is. As die loods later 'n nikkertjie maak, mag sy leerling verder vlieg: Oor die Alpe tot aan die Middellandse See (tot die horison, dan links), dan raak die petrol op. 'n Outoppie kom na voor om te vra hoekom hulle sonder enjin vlieg. Hy sê hy ken 'n eiland, Argos, waar daar 'n ou landebaan uit die tweede wêreldoorlog is, en hulle stuur daarop af.

   Op die eiland ontspan almal, die boordpersonaal en die animeer­meisie asook die ou mense, wat reëlreg opbloei, en wag op die redding. Dis die raamwerk, en die verhaal rol – strompel-strompel miskien, dis mos ou mense wat nie kan draf nie – tussen skerp kommentaar oor die „vryheidsberowing" in so 'n tehuis en die uitsiglose bestaan van mense wie se kinders net wag dat hulle sterf om te kan erf-- van die een glimlaggie na die ander brullende lagbui. Strydbyle word begrawe, nuwe vriendskappe ontstaan, ook vyandskappe. En die einde laat ons in spanning: Gaan hul verklarings oor hoe dit gebeur het en wat uit die vermoedelik Arabiese vrou en die pistool geword het, by 'n polisie-ondersoek standhou?
.
Nie net Duitsland nie, maar die hele „westerse wêreld" verouder. Die deursnee-ouderdom styg aan met al hoe meer mense oor tagtig en al hoe minder tieners en kinders. So verskuif die „teikenpubliek" se ouderdom langsamerhand na bo. Al hoe meer films word vir die „ryper geslag” gedraai. Sommige is snert, weinige is goed. Soos hierdie een.

   Vier sterre (sonder die trekpleister van 'n Hollywood big-shot!).

   ©.2013.                                                       .c]:o(----(o;[>.                                                            .tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bloue einder
Dankie, Toon, klink nogal interessant :)
6 jaar 8 maande 1 week 1 dag 19 ure oud



DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar