Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is nie aldag dat al die akteurs van ’n fliek toustaan om in die opvolgfliek te verskyn nie. Regisseur Michael Bay het met die eerste fliek so ’n reuse sukses behaal, dat almal wat nie in die eerste een dood is nie, terug is vir nommer twee. Die Decepticons wil vir Sam (Shia LaBeouf) ontvoer nadat hy uitvind waar hulle grootse geheim versteek is. Hierdie keer is die aarde se voortbestaan op die spel. Al gaan mens net hierna kyk om die ongelooflike gedaanteveranderings van die Decepticons te sien, het jy al klaar ’n heerlike middag agter die rug. ’n Bewys van ’n fliek se aanhang is die mate waartoe die Amerikaanse regering gewillig is om hulp te verleen. Die feit dat die USS John Stennis (die grootse vliegdekskip in die VSA) gebruik word, spreek boekdele. “Bee”, die geel 2009 Chevrolet Camaro is meesterlik gedoen asook die “tweeling” wat eerder langer moes skoolgaan. ‘n Lekker fliek wat almal sal geniet.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar