Resensies

Titel: True Grit
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is nie aldag dat ‘n fliek hervervaardig word en beter is as die eerste een nie, maar hierdie een oortref die perke. ‘n Jong meisietjie, (Hailee Steinfeld), oorreed ‘n geharde geregsdienaar in die ou Weste (Jeff Bridges), om haar na haar pa se moordenaar te help soek. Hy suip soos ‘n vis en het geen geduld of genade nie, maar sy is onwrikbaar. Jeff Bridges lewer uitstekende spel en oortref selfs vir John Wayne wat hierdie rol in die eerste weergawe vertolk het. Regisseurs Joel & Ethan Coen slaag met ‘n wonderlike vertolking van ‘n goeie storie en ook om dit minder naïef as die eerste een weer te gee. Lekker vermaak, goeie spel, gaan gerus.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar