Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

„'n Film oor vergifnis”

Gedurende die Derde Ryk was daar 'n stelsel  namens LEBENSBORN waarby die kinders van Duitsers en buitelandse vrouens van Ariese afkoms sou sorg dat die suiwerheid van die ras bevorder word. In Norweë is in die tweede wêreldoorlog honderde sulke kinders gebore, en die meeste is na Duitsland gebring. Na die oorlog was daar nog baie van die kinders in die DDR. Toe hulle grootgeword het, is sommige vir spioenasie gebruik   misbruik. Met die val van die Berlynse muur het enige geheimnisse aan die lig gekom.

.

[ ZWEI LEBEN, 2013, D / N; r: Georg Maas: d:Juliane Köhler, Liv Ullmann, Sven Nordin, Ken Duken   ]

.

Die Noorwegerin Ase [Liv Ullmann] was gedurende die tweede wêreldoorlog met 'n Duitse soldaat bevriend: hy het later aan die oosfront gesneuwel. Soos baie van die vrouens wat 'n liefdesaffêre met die vyand gehad het, is sy jarelang in haar eie land interneer. Nie net dit nie, maar haar dogtertjie is na Duitsland gebring en in 'n tehuis van Himmler se „Lebensborn”-vereniging geprop. Jare later vlug Katrine [Juliane Köhler] na Noorweë en sê sy is die lang-verlore dogter. Sy sien nie net haar moeder weer nie, maar ontmoet die marine-offisier Bjarte [Sven Nordin] en hulle trou. Maar jare daarna  Katrine is al ouma van 'n babatjie  begin haar gesinsgeluk te swank en te wank; daar waar sy aan die sklideragtige kus in 'n idilliese houthuis woon. Katrine word bedreig deur die skaduwee van haar verlede, en haar geheimnis kan aan die lig van die dag kom. 'n Prokureur [Ken Duklen] het 'n opdrag om in die naam van die destydse kinders 'n hofsaak teen die staat Noorweë aanhangig te maak.

    Nou is dit so: Katerine is as hoogs-opgeleide tegnikus ingesmokkel om geheimdata van die marine aan haar tuisland oor te stuur...

    Die prokureur delf al hoe dieper in Katrine se verlede, en sy is noodgedwonge om na Duitsland terug te keer en haar spore uit te wis. Sy ontmoet haar voormalige baas en verklaar dat sy uit die bedryf uitgeskei het  minstens sedert die val van die muur , dat sy nie meer aktief is nie, en dat sy 'n normale vredevolle lewe wil voer. Maar ook hy is bang dat hy ontdek en vervolg kan word, en sy moet teruggaan en die nog lewende personeel van die tehuis uitskakel. Haar man, wat glad niks van al hierdie dinge weet nie, merk dat haar iets makeer, maar hy dink dat sy miskien 'n affêre met 'n ander man het. Stadig, stadig broei die storm saam...

.

Dis 'n verhaal wat waar kon wees, en die ontwikkelinge is logies. Daar wás sulke mense, daar wás prokureurs wat vergoeding vir die slagoffers, byvoorbeeld die interneerde ma's en die kinders wat onwillekeurig deporteer is, wou eis; in die een of ander geval kón dit ongeveer so afgeloop het. En die produsente het groot hoop op 'n Oscar vir die beste nie-engelstalige film geheg. Alles was daar wat die Amerikaners van 'n Duitse film verlang: Nazi-verlede, DDR-verlede, bewys van misdaad, berou en 'n „regverdige” einde (nie noodwendig 'n Hollywood-happy-end nie)...

    So het dit die kritici ook gesien en dit oor die koerantblaaie  en die e-koerante uitgeblaker   party reg sinies en met skadevreugde. En so het dit dan gekom dat die ingesonde film nie eers 'n nominasie gekry het nie.

    Skade. Want dit is 'n goeie film met goeie daarstellers en 'n waarlik pakkende storielyn, goed vertel met terugflitse in oumodiese filmtegniek. Juliane Köhler en Ken Duken het ekstra vir die film Noorweegs geleer. Verniet, soos dit blyk.

.

As dit in die bioskope kom, gaan kyk gerus. Indien nie, loer in by die Duitse konsulate of die „program”-bioskope wat besondere flieks toon.

    Graag vier sterre.

©.2014......................................................****...............................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

2 lewens die film
baie interessante resensie.. hoop die film haal die teaters.. en ek gee ook n 5* vir beide film en resensie
5 jaar 7 maande 4 dae 10 ure oud


sterre
ek stem saam vyf sterre vir jou vir hierdie bydrae
5 jaar 7 maande 4 dae 18 ure oud


Sterre en twee lewens
Ek gee vyf sterre vir hierdie bydraes van jou
En versoek uit my hart dat jy nie so skaars daarmee moet wees nie.
Ek geniet dit oor 'n duisend weens die storie - byna alreeds voltooid vertel . . .

Byna soos die paal danseressie op die verhogie in die kroeg wat darem die laaste nog los vir die verbeelding.

Met jou vertel doen jy dit Meesterlik en ek sien uit:

Want

Die kans dat ek ooit die film in SA te siene sal kry is nil
Des te meer vir die taal

Vir my sal dit maar by prentjies kyk bly

Dus

Hou aan met jou bydraes - dit is vir my van groter waarde.

Thanks.
5 jaar 7 maande 4 dae 20 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar