Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die fliek speel af êrens in die toekoms, nadat mense 'n virus ontdek het wat enige iemand wat geifekteer word, in supermense verander. Die regering besluit dat die geinfekteerde mense 'n bedreiging is en probeer hulle uitwis. 'n Groepie van hulle ontsnap en begin terugbaklei. Milla Jovovich speel Violet, een van die mense wat terugbaklei. Sy word aangestel om 'n superwapen van die regering af te steel en te verwoes, maar sy word beveel dat sy nie die tas waarin die wapen is, mag oopmaak nie. Soos in alle flieks, maak sy die tas oop. Ek wil nie sê wat in die tas is nie, want dit is die mees opwindende oomblik in die hele fliek. Die res is redelik eentonig. Violet hardloop in 'n kamer in en word omsingel deur soldate of polisiemanne. Sy sê iets aanhaalbaar en maak almal dood. Die spesiale effekte is nogal indrukwekkend, maar net vir so halfuur of so, en die einde is ook nogal teleurstellend. Ek sal dit nie aanbeveel vir 'n ernstige fliekflooi nie, maar as jy net wil ontspan en lag vir clichés, is dit 'n goeie keuse.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar