Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verlede jaar het die eerste Underworld onverwags wêreldwyd aanklank gevind, groot aanhang geniet en baie geld gemaak. Nes Hollywood is, as een goed is, is twee beter. Underworld: Evolution, beweeg hierdie keer 'n stappie terug en verduidelik hoekom die vampiere en die weerwolwe al vir 900 jaar in 'n doodstryd gewikkel is. Scott Speedman en Kate Beckinsale speel weer die hoofrolle. Hy die rol van 'n baster vampier/weerwolf en sy 'n vampier wat skielik uitvind haar "familie" is nie so besorgd soos wat sy altyd gedink het nie.

 

 

Underworld 2 loop oor van ongevraagde, onnodige seks en geweld en Marcus, die groot skurk in die verhaal (gespeel deur Britse akteur Tony Curran), is glad nie geloofwaardig nie. Die spesiale effekte en grimering is uiters goed, maar is nie genoeg om weer van hierdie fliek 'n sukses te maak nie.      



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar