Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dan breek Enrico Lommerte die laaste ses maande van die jaar se dop oop met ’n werk wat siel, wese, gees en liggaam uitmekaar skeur.
Hierdie een gaan, wat emosie aan betref, moeilik geklop word.
Ek hou dop.
Ek praat van sy: Cadens

Enrico . . .
Uit hierdie helder, vriendelike oggendson. . .
Drup vanoggend ’n traan.

Mooi Broer.

Willie F van Tonder
2012/07/01



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vic
Vergeet die Tegniese ontleding van alles.
Ek lees met die hart want dit wat die pen neerplaas, kom uit die hart
Wat ek sien en wat my raak en wat is soos die blomme van Namakwaland. Jy moet met jou voete daartussen staan om te waardeer. So is die toneel van die hartseer wese wat vir 15 jaar na die plaat blomme gaan en net een gaan pluk. Versinnebeeld die enkel blom wat 'gepluk' word, ook die geliefde wat 'gepluk' is, uit sy lewe uit 'gepluk'.
Dit is wat ek sien.
6 jaar 10 maande 1 week 2 dae 6 ure oud


*
Vasgeskryf!
7 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 22 ure oud


Pragtig
Welgedaan, beide Wolfie en Enrico!
7 jaar 1 maand 3 weke 21 ure oud


Aan Enrico
Ter wille van opvolging herhaal ek hier my kommentaar op die gedig 'Cadens'. Sien ook Willie se verdere kommentaar onder die resensie titel: "Skilder met woorde".


Enrico, baie dankie vir hierdie besonder teer gedig. Dit het aan my hart gevat toe ek dit die eerste keer lees, maar ek wou uitvind of ek nie nog meer daarin moes lees nie. In my soeke het ek toe ook meer oor die titel en die uitleg ontdek [dit terwyl ek nie vertroud is met musiekteorie nie].

Nou voel ek, nog meer as tevore, die diep gevoel wat hierdie gedig in my losmaak. In die proses het jy my ook gevat na 'n 'dal besaaid met edelweiss', waar ek ook een kon pluk.

Nogmaals baie dankie vir hierdie besondere bydrae.

Dankie ook vir jou terugvoering via Willie se resensie -- ek het groot waardering daarvoor.

Groete, Vic
7 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 4 ure oud


Verskriklik
Willie, as 'n syferman met 'n beperkte -- ek wil amper sê gebrek aan -- abstrakte denke, het ek meer tyd aan hierdie gedig bestee as aan enige ander sovêr. Ek het gelees, iets daaraan het my getref, maar die TDSDT en "feit" boaan die strofes kon ek nie begryp nie -- daarby verstaan ek ook nie sekere Nederlandse begrippe nie. Ek moes bv. eers kyk wat beteken die begrip "aan de koffie" Daarby dink ek die sg. vertaling van Helna help nie veel nie [pluk = kie? wat is "kie"?]

Toe het ek eers gaan Google. Eers het ek gedink dit het iets met die Do Re Mi [Ti Do So Do Ti] te doen, maar toe ek verder navors kom ek eers op die musiekteorie af en waarvoor die TDSDT staan, dws.:

T = Tonica = grondtoon
D = Dominant = spanningspunt
S = Subdominant = ontspanningspunt

So, dis die "formule" van 'n cadens [vloei van tone of akkoorde] kom ek toe agter.

Toe het ek eers gaan inloer by Lommerte se blog waar ek sien hy verwys na die Tweede Pianoconcert van Rachmaninoff [ek weet min van klassieke musiek] en ek luister toe so 5 minute van die 32 minute musiek.

Nou is daar nog die "feit": Beteken dit nou dis feitelik en moenie as abstrak geïnterpreteer word nie?

So, na al hierdie navorsing is ek steeds in die donker as dit by die interpretasie van die gedig kom -- en dit hinder my...

Kan jy my help?

7 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 19 ure oud


verskriklik
:-) atem baie goed geskryf
7 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 1 uur oud


sjoe willie
ek is stil...

ek skryf gewoon woorde reg uit myn hart, ek kan nie anders nie...

baie dankie vir jou son en mooi woorde! zeer gewaardeerd!!

sjoe nogmals en pff...

enrico

geniet jou sondag!!
7 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 2 ure oud


Verskriklik
Emosie goed uiteengesit.
7 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 2 ure oud



Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar