Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Rafik en Jamal se vader is die tipiese opvlieënde patriarg van 'n palastynse familie in Oos-Jerusalem. En hy sterf na 'n woedeaanval tydens 'n stryery. Tydens die huwelik van sy jongste seun soos die ongeluk dit wil hê. Sy wens was altyd om in sy tuisdorp Ramallah in die outonome gebied ter aarde bestel te word. Aldus soll die onwillige Jamal en sy ouboet Rafik sy lyk daarheen smokkel en die voorbereidings vir die begrafnis reël; die vrouens sal dan later oor die grens kom. „'n Rit van 45 minute.”

    Dit meen hulle, nè? Drie dae later sal hulle anders daaroor dink!

.

           [45 Minuten bis Ramallah; r: Ali Samadi Ahadi, met Karim Saleh (Rafik), Navid Akhavan
             (Jamal), Jackie Sawiris (Mama), Julie Engelbrecht (Olga), Eyas Younis (Ariel Feldman),
             Ed Ward (Nikolai), Badasar Colbiyik (Munir), Lara Sawalha (Alia), Hakim Tamimi (Nabil),
             Payam Madjlessi (Mustafa), Suzan Demircan (Samira) en Lufuf Nuweiser (Igor); vanaf 
             12; Duitsland; 2013; premiere Augustus 2013 in Kanada.]

.

Die verteenwoordiger van die Aandskool het in sy invoerende aanspraak gesê, hy kon glad nie voorstel hoe iemand 'n komedie uit die rampspoedige toestande in die Na-Ooste kon maak nie. In een koerantopskrif staan „Satiriese reis deur die mynveld Na-Ooste”. Die stof is so skerp dat die buitetonele glad nie eers in Israel of Palestina gedraai kon word nie. Hulle moes toe na Jordanie uitwyk.

    Ons helde  dis eintlik Rafik se verhaal, hy wat in Hamburg woon en as kombuishulp in 'n restourant werk en heelwat van die ou tradisies al afgelê het; Jamal het geen interesse nie, hy wil net terug na sy bruid  word van alle kante aangeval. Of dit nou die Israelis is wat hulle hoognasig aanspreek en hulle op ongelooflik lange ompaaie stuur slegs om hulle 'n stok voor te kan steek. Of dit die beeldskone blondine Olga is wat hulle bakkie met die hele inhoud, inkluis vader se lyk, steel. Of dit die russiese mafia is wat ook hulle eie kriminele doele navolg; ons ontdek later dat Olga ook bendelid is. Of dit dan die palestynse radikale fondamentaliste is wat hulle van die anderkant van die grens as selfmoordbommers wil terugstuur. Alles is teen hulle, maar deur moet hulle deur, by tye met wonderlike pirotegniek soos die motors  en goeters ontplof. Te aller tye met lewensgevaar wat om die hoek loer. Die hele rougemeente is al daar, en Rafik moet oor sy selfoon met uitwykende verklarings probeer om die vroumense te bedaar: Dat hulle net nie histeries raak nie!

    Swart humor van die ergste soort! En tog het ons gelag, byvoorbeeld oor die man wat oor 'n saamgepersde blok metaal en glas huil -- die motor waarin hul Pa nog gery het. Ook oor die aftakeling van ou holruggeryde vooroordele... So teen die einde sê Rafik die waarste woorde van die abend: -- Hierdie land is 'n malhuis!

    Inderdaad.

.

In Duitsland leef en woon allerlei „uitlanders”, Pole, Russe, Tjegge, Kroate, Bosniake, Albaners, Roemene, Turke, Kurde, Israelis, Palestyne, Arabers  en daar het ons nie eers die ene halfsirkel om Duitsland se grense voltooi nie  en almal het die een of ander storie om te vertel. So het ons daarstellende kunstenaars uit die hele wêreld, en dááronder is ook toneelspelers en regisseure. Ek het al Fatih Akim se naam genoem, 'n turkse regisseur wat al 'n hele paar films gemaak het. In 2009 het Ali Samadi Ahadi 'n „culture-clash- komedie” gedraai, Salami Aleikum, waarin hy heilige koeie, troetelvooroordele en denkbarriere skerpsinnig afgesaag het. Hulle word aanvaar as duitse kunstenaars, en die algemene publiek stroom na sulke opvoerings. Karakters van alle kleure en geure speel in verskillende sepies en ander films, soos dit „daarbuite op die straat” lyk. Net op die konservatiewe platteland kom nie alteveel sulke multi-kulti opvoerings nie. Brad en Angelina en George en Julia skyn die bedurfnisse te dek, buiten daar kom 'n „Heimatfilm”, waarby die groot name uit die sestigs tot tagtigs een na die ander aan't uitsterf is.

    Graag vier sterre. Sal hom ook graag nog 'n keer wil sien.

©.2014._________________________<]:o(--||--(o;[>_____________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar