Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



By die mens is een op vrye voet,
vol willekeur en half kranksinnig van jou mag.
Dit skeel maar min,
aan net hoe die mense lyk in hierdie wêreldgloor,
aan hierdie onbreekbare mag op sfeer.

U sien dis een van jou persente wat ons nie wil hê!
Daar is geen sweer wat ons vir u nie williglik sal aandurf!
So kom die tye dat massas waansinig van binne gebroke is.
Geen woord, geen weinig kon genees word,
en is geen mens meer.

Net ʼn een enkele haat, afgematte gewetenlose rakune.
So maak u elk, u maak die lewe nou.
U laat elk krimp tot ʼn gevoellose rakune.
Haat baar haat, jy het oneindige navolgers,
ook om elkeen waar hy gaan daar word geloer.

Alles is gehawend en half deur iedere vergete.
Jy bied niks, en ons is niks, ja minder as niks,
wat sit agter alles, uit alles gleur hy wat ons moet haat.
Wie kan my wys wié daardie heerser is
wat my eer my geluk van my wil ruk.
Elk het genoeg gesien van die tandlose haat.

Wie ken sy eie hart?
Dié eensaamheid is naby aan die waansin
όf is dié waansin alreeds.

Wat van môre! Veroordelings,
sy regter spreek die vonnis, hy skryf haat en die dood.
Dis máár hy ken van hierdie name wat voorgee hy is ―
ja, van die sogenaamde aller-aller-aller fynste
so kry hy die vinger aan die kele.

Die reg ― die maer reg wat elk ken,
haat wat “wet en helder orde” daar bring ―
iets ná joú hart, wreed en half misdadig
om dag ná dag te moet uitdeel.
Ook dit het elk verwag —

Wil jy die erfreg gryp wat onsen is, vir ander na haat.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

---
Wie ken sy eie hart?
Dié eensaamheid is naby aan die waansin
όf is dié waansin alreeds. [Beslis iets om aan te kou ..]

5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud



ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar