Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die ware Amerika?

Nie uit Hollywood kom hierdie film nie, maar dis ‘n
Independent production uit die Ozark-berge in Missouri – daar waar die Hill-Billies hulle eienaardige taal praat, waar die „Moonshine Whisky” gedurende die Prohibisie gebrou is, en waar ‘n hele familie (grootfamilie), soos ‘n kleinere weergawe van die Maffia, hedendaags dwelms kook. En die vraag is, of hierdie duister prent van arm, arm mense, wat in die blinkste nuwe agtsilinderkarre rondry en misdaad pleeg, treffender is as die Barbie-popwerklikheid wat uit die „Droomfabriek” uitgekarring word. Is dit twee beelde wat op dieselfde planeet hoegenaamd kon ontstaan?

.

Die sewentienjarige Ree (J. Lawrence) moet sorg vir haar klein boetie Sonny (I. Stone) en sussie Ashlee (A. Thompson) want haar ma is psigies krank en haar pa is weg, eenvoudig weg. Hy sou by ‘n geding in die hof verskyn, maar het onverklaarbaar verdwyn, nadat hy die helfte van sy borggeld betaal het deur die huis te verpand; die ander helfte het iemand anoniem in die geregshof kontant inbetaal. Die geregsdiener kom om haar te laat weet dat sy onteien gaan word, en dat die gesinnetjie in ‘n week uitgeskop gaan word.

   Sy weet, seker van kindsbeen aan al, wat vir ‘n sosiale groep sy aanbehoort en is daarvan bewus dat haar pa net so ‘n misdadiger is soos al haar ooms en tantes. Sy weet dat hy by die kook van „kristal” betrokke was, dat hy ‘n hele kombuis of laboratorium laat ontplof het en dat hy dus die „familiefirma” skuldig is. Sy „weet” dat haar pa omgebring is. Maar nou is dit vir haar belangriker om bewys van sy dood te bring as om te weet wie dit gedoen het. Sy gaan soek die lyk oral in die omgewing, waar haar familie op plotte of „farms”  gestrooid woon, en oral word sy weggestuur.

   In die winterlike koue stap sy van een oom na die ander ter wille van haar ma en minderjarige boetie en sussie. Ja, seker is sy ook minderjarig, maar sy het die opgawe van die hoof van ‘n familie op haarself geneem. Sy weet dat almal haar belieg, en oral word sy bedreig; in die een toneel neuk die vrouens haar bloedig en disnis. As ‘n senior oom woes vra wie dit gedoen het, antwoord die vrouens dat dit hulle was en dat geen man hand aan haar gelê het nie. (Onder die Suidstaatse mense is dog ‘n erekodeks!)

   Die film, soos die verhaal, is grou-grys. Die kamera het soveel filters op dat dit bynasogoed in swart/wit sou kon wees het; geleentlik ‘n rooi tjalie of ‘n bloedige sonondergang, ‘n blou-wit-gestreepte wolmus op iemand se kop, ‘n groen motor, en dit lyk soos iets kleuriges wat deur die vuil water van die moeras deurskyn. So volg een toneel van verwoesting en vernedering op die ander, tot ...

   Tot wat? Die storie loop een of ander tyd uit. ‘n Blye boodskap is daar nie. Ek gee eerlik nie om, tot wat nie. Waar’s my hoed ek wil huistoe gaan.

  Voor ek kots.


©2013.                                                     .<]:o( — (o;[>.                                                       .tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar