Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Amper almal in hierdie wêreld werk na een of ander sukses in hulle lewens, werk of besigheid. Ons almal deel ‘n gemeenskaplike hindernis en dit is die grootste bepaler van sukses betreffende wat ons ookal aanpak. Alleenlik as jy hierdie hindernis effektief aanspreek, sal jy die pad begin stap na ‘n helderder toekoms en meer sukses in jou lewe.

Ek het self eers bewus geword van hierdie hindernis toe ek omtrent 35 was. Van toe af het my lewe meer opwindend en ryker geword en my besigheid het daarna regtig begin groei.

Verwyderingsinstruksies:

#1. Begin om ongemak lief te hê

Persoonlike groei geskied buite jou gemaksone. Probeer om meer tyd buite jou gemaksone te spandeer. Jou lewe sal so bly soos dit is tot die dag wat jy sterf as jy binne jou gemaksone bly. Jou gedagtes, lewe en besigheid groei proporsioneel tot hoeveel jy as persoon groei. So, begin om jouself te laat groei en spandeer meer tyd buite jou gemaksone, asseblief.


#2. Wat is jou verdedegingsmeganisme?

Ons raak soms opstropolis en ervaar ongemak wanneer ons buite ons buite ons gemaksone beweeg en dan skop ons verdedegingsmeganisme in. Ek ken my eie verdedegingsmeganisme baie goed, dit is slaap. Sodra ek iets doen en ek begin skielik te gaap of raak lus vir ‘n slapie, weet ek dat ek iets buite my gemaksone doen wat ek nie noodwendig wil doen nie.

Wat jy ookal doen, leer om jou verdedegingsmeganisme te herken, want anders navigeer jy op doe groot see sonder ‘n kompas.

#3. Breek deur tot die ander kant

Makliker gesê as gedaan - en sit baie mense af, hulle stop hier. Sodra jy jou verdedegingsmeganisme ontdek het, moet jy die moed en determinasie hê om deur te breek en nie terug te skuif na jou gemaksone nie. As jy dit nie doen nie gaan jou lewe bly soos dit is, tot jy sterf soos jy vandag is. Jy word bemagtig, jy groei en sukses begin in jou lewe vorm dodra jy deur jou verdedegingsmeganisme breek en aanhou om dit te doen.

Jou lewe is die somtotaal van JOU besluite, nie iemand anders s’n nie - ek weet die Huisgenoot wil jou anders oortuig, maar dit is nie waar nie. Waar hou jy jouself terug? Waar staan jy in jou eie pad? Gaan dink daaroor en begin om ‘n suksesvolle lewe te bou, die een wat jy verdien.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sukses
Hoe waar praat jy nie hier nie - ongemak broei inisiatief uit.

Regstellings:

Verwyderingsinstruksies - erg lomp, kan jy nie 'n meer toepslike opskrif bedink nie?

werk na een of ander sukses - mik na een of ander sukses

dit is die grootste bepaler van sukses betreffende wat ons ookal aanpak. - dit het die grootste invloed op die sukses van wat ons ookal aanpak.

Jou lewe sal so bly soos dit is - Jou lewe sal bly soos dit is
proporsioneel tot hoeveel jy as persoon groei - proporsioneel tot jou persoonlike groei

So, begin om jouself te laat groei - Laat jouself toe om te groei

Ons raak soms opstropolis en ervaar - Ons raak soms rebels en ervaar
wanneer ons buite ons buite ons gemaksone - wanneer ons buite ons gemaksone

baie goed, dit is slap - baie goed; dit is slap

begin skielik te gaap - begin skielik gaap

op doe groot see - op die groot see

Makliker gesê as gedaan - en sit baie mense af, hulle stop hier - Makliker gesê as gedaan – dis hier waar baie mense opgee en staak.

bly soos dit is, tot jy sterf soos jy vandag is - bly soos dit vandag is, tot die dag dat jy sterf

dodra jy deur jou verdedegingsmeganisme - sodra jy deur jou verdedegingsmeganisme

anders s’n nie - ek weet die Huisgenoot wil - anders s’n nie. Ek weet die Huisgenoot wil
5 jaar 1 maand 1 week 3 dae 8 ure oud


*
Goeie wenke wat ek beslis sal van gebruik maak.
Dankie Willem
5 jaar 1 maand 1 week 4 dae 13 ure oud


Sukses
Baie dankie Willem, dit kom op 'n baie goeie tyd. Mens moet altyd verder ryk as wat jy huidiglik is.
5 jaar 1 maand 1 week 4 dae 17 ure oud


Dis waar!
En dankie vir die goeie raad!
5 jaar 1 maand 1 week 4 dae 23 ure oud


Sukses!
Willem, baie dankie. Ek volg jou graag hoofstuk na hoofstuk vir nog meer en meer van jou insiggewende raad.

Sukses dus, met die skryf van jou boek.
5 jaar 1 maand 1 week 5 dae 6 ure oud


Die pad na sukses
Ja, en dis nooit te laat om uit jou comfort zone te klim nie, ne. Hoe gouer, hoe beter! Baied ankie vir hierdie puik bydrae, Willem en alles van die beste met jou boek. :))
5 jaar 1 maand 1 week 5 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar