Rubrieke

Titel: Terugkoms
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Môre wil ek myself regmaak vir jou. Soos die dag toe jy met my getrou het. Jy het selfs die vorige aand met krullers in geslaap, as ek reg onthou. Lank voor die son opgestaan om hom “goeie môre” te soen met 'n ingekleurde gesiggie en ‘n warm koppie koffie.

Maar hoe kan 'n man hom mooimaak vir sy enigste? My hart wag nou al lank vir jou. Hy klop aanhoudend “kom Nou, kom Nou”. Elke dag wat jy weg is klop hy ‘n bietjie dringender. Ek is al skoon uitasem. Hy pomp bloed my hele lyf in.

My lyf. My lyf is honger vir 'n driegangmaaltyd saam met jou. Dalk te honger. Miskien ‘n broodkorsie uit my hand eet om my ergste lus te beteuel. Anders verslind ek jou dalk met ‘n dierlike lus wat nie die subtiele sagte kruie van die lamsvleis proe nie. Wanneer jy nader kom met jou oranje tas vol geskenke wil ek jou lyf teen my lyf druk. Om elke vierkante sentimeter te toets om seker te maak: “Voel lyf, sy’s hier!”

Selfs my gedagtes se huis wil ek skoonmaak vir jou. Die clutter wegry sodat jy jou kan tuismaak waar jy wil. Dat ek jou woordjie-prente met al my aandag kan hoor. Dat ek jou woorde, jou geure, jou... in kan asem... en soos ‘n goeie ryp rooiwyn kan rondrol op my tong.

Môre wil ek my mooi maak vir jou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Terugkoms
O, dis mooi..."Voel lyf, sy's hier!" die geur, die smaak soos goeie ryp, rooiwyn...laat dit op die tong rol...puik gedoen, Kritzglas!
9 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 10 ure oud


Terugkoms
Treffend!
Baie goed!
9 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud


....
Hoe verskriklik pragtig!!! Mag more aan al jou verwagtings voldoen!
9 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar