Rubrieke

Bladsye:
Titel: Eenwording
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My kop is reeds lankal op toer soos ek my beklee in beskermings gewaad op pad na die bron van my ontvlugting, ’n wesentlike objek, geesverrukking as gestalte: my geliefde BMW ysterperd. Eers bietjie staan en bewonder, dan jou been oorgooi om een te word met die masjien wat jy brullend lewe gee as jy hom wakker maak met die druk van ’n knop. Die vibrasies van sy metaal hart weerspieël die opgewondenheid verraai deur die gevoel in jou maag wat die potensiaal van die eenwording fisies antisipeer. Eers al die routines afhandel: die oopmaak van die petrol klep, die ligte aanskakel, neutraal vind en sy pyp stut met die voet aanhelp na sy horisontale rusposisie. Die agter uit stoei bevestig elke keer weer die substansiële gewig van jou tweewiel gevaarte wat so onbeholpe voel in tru as wat sy vorentoe vermoëns jou vertroue laat groei tot ’n ingenome straal. Nou is hy reg gerig, afwagtend op die knak van jou gewrig wat hom luidkeels uit die staan blokke laat spring en sonder aarseling die rigting inslaan wat jy hom ly. Die wind raas al harder met jou helmet en verdik soos jou snelheid die prestasie van die ingenieurs met ratsheid vertolk.

Die skeidingslyn tussen alles en niks volg jou onafskeidbaar parallel en dreig om ter enige oomblik voor jou in te swaai en dodelik te transformeer in ’n onsigbare maar wesenlike buigsame veld wat jou hard en pynlik met stampe krimpend omvou en benoudend jou storie in die lewensverhaal voltrek ,maar tot dan jou adrenalien aanspoor om jou gemoed met klaarheid te verskerp en jou te laat voel asof jy jou volle besettings kapasiteit beklee soos die lewens energie prikkelend deur jou versprei en elke aanvoelbare liggaamsdeel fyn stem om optimaal te opereer in die intense spannings dans tussen vryheid en mortaliteit in stoeiend ekstase in mekaar verstrengel, wisselend tussen positiewe en negatiewe ladings die uiteinde oorlaat aan die val van die dobbelsteen bepaal deur jou tyds toelaag verskaf deur die toevalligheid van jou lot op die punt van jou voortslepende toekoms betreding wat bewustelik as self dit penetreer en sodoende die self genereer as die voortbestaan van die ontasbare moment wat afplat met die spoedvermindering en so jou vêrder van jouself terugbring na die pynlike stadige verloop van dae en jare wat jou agteruitgang meet met meganiese presiesheid en as geskiedrol hom koppel as vervaldatum van bewustheid aan die ewigheid: die bedrieglike oorwinnaar van tyd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

:-)
LIEWE OUERS. Jacques, jy kan maar gerus inskryf by die Guinnees Book of World Records!! Dit was die langste sin wat ek in my lewe nog gelees het! WELL DONE
9 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Stem
Ek stem saam met AA. Korter sinne rangskik idees en het groter impak.
9 jaar 4 maande 6 dae 17 ure oud


Vir oorweging
Ek sukkel ook soos jy om korter sinne te skryf maar die vet weet jou tweede paragraaf is 'n monster van 'n sin. As ek jy was sou ek hom opdeel in kleinder sinne. Dis eenvoudig makliker vir meeste lesers om te volg wat jy skryf as hulle 'n break kan vat tussen idees.
9 jaar 4 maande 1 week 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Maalkolk

    deur Rachelle du Bois

    Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar