Rubrieke

Titel: Spietkop
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Een van my kliënte bel mos nóú die dag vir my, so in die ry, maar kyk hulle sê mans kan nie multitask nie – toe trek ek maar af langs die pad om ’n skryfding te soek want dis mos epos adresse, telefoonnommers, die hele blerrie pedigree wat mens mos moet neerskrywe, van vleisbook tot twitler die hele werke.

Ek trek toe sommer in so ’n inham af waar die taxi’s en busse gewoonlik stop. Nie lank nie gewaar ek ’n ding so in my rear mirror wat so op twee wiele aangery kom – en dit wás ‘ie ’n motorbike nie, die ding hang so al na die regterkant soos ’n airplane wat op sy regtervlerk try land, die linker tires is splinternuut want hulle vat skaar grond, die regterkant se mud flaps is tot in die minus toe ingery, die blou lig bo-op die kar maak homself reg vir ’n accident, maar met dié wat die kar so na die eenkant hang kan die blou lig ook nie eers in die rondte tol nie, die ligte wieg maar net saam met die tjor, die vinnige serene klink soos ’n ice-cream kombi wat se tape trek. Moeg man, moeg – klaar, kapoet.

Eers dog ek die spietkop het twee flat tires dat dié so agter my ingetrek kom so in die inham, maar - my maat, toe daai deng daar uitklim, spring daai tjor se suspension terug op alle wiele – dit lyk soos ’n springhaas wat vir ’n jakkals weghol. Die rekmerke sit tot op die agterdeur soos wat daai gedaante daar uit skarrel – ’n vrou.

Maar VET is ’n understatement, even ’n kompliment.

Nou try ek nog my pose hou op die foon en maak myself reg vir wat kom. Sy kom so van agter af gewaggel – so half vooroor asof haar boude haar stoot en haar ‘bo-lyf’ haar trek. Gravitasie se moer! Sy het een van daai Ray Ban donkerbrille op maar haar neusgate is twee keer dié se size. Mens weet nie lekke waar om te kyk nie.
Maar nou is ek dapper/moedig/onverskrokke want ek is mos ’n goeie citizen – trek af en praat op my phone. Dis warm ek is laat vir my volgende afspraak en alles gebeur so gelyk; eers die foon wat lui, toe dié aangesig en nou wil sy nog praat ook, ek raak nou ongeskik kwaad. Sy kom staan hier langs my kar (die venster is nog toe en ek sluit my oproep af) sy staan seker so meter of wat van my kar af – maar ek dog dis sonsverduistering. My venster wasem op met twee sulke kolletjies op.
Sy klop…

Ek draai die venter oop, moerig: “Ja, wat?” vra ek terwyl ek na haar oë soek, ek verdwaal tussen neusgat en bril - albei blink ewe, sies man. Ek lyk soos ’n dronk ou wat die formula 1 kyk.
Sy pluk daar ’n boekie uit haar gat sak uit, eers was dit so drie bladsy boekie, maar toe daai ding asem kry rek hy laat hy lyk soos die yellow pages.

Met ’n kougom in haar mond sê sy: “Sir, this parking is only…”

Interrupt ek haar: ”man, praat Afrikaans, ek kan jou nie verstaan nie.” (woes het my mooi geleer)

(Daai kougom lyk asof hy ‘n pingpong balletjie is in ’n championship)

Sy probeer weer: “Maneer, hierie parking is net var die bas”

Ek sê: “Maar wat is dan nou die probleem?”

Sy antwoord weer: ”Maneer, djy ry die bakkie mar hierie parking is net var die baas”

Ek sê: “Maar nouja? Ek IS baas Piet”




(Ek het hierdie grappie verwerk en so bietjie vleis gegee)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goed gedoen!
Ag ek het sommer nou lekker gelees en lekker gesmile!

"Vet is 'n understatment even 'n kopliment"!!
8 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


!!
Dankie! ek het hierdie nou so baie geniet. Ek sien die hele petalje in my gedagte afspeel en verwonder my saam oor die dienaars in onse land!
8 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud



Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar