Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“As musiek die voedsel van die liefde is , speel voort.”
William Shakespeare

Ek is ongelukkig een van daai maters wat stem doof ( ek dink dis wat hulle dit noem) is . Ek het ‘n groter kans om tien rand te bere as om ‘n musiek noot te kan hou.

Ek sou die helfte van my koninkryk gee as ek tog net kon sing , maar die vermoee het saam met my hele koningkryk in die geniepsige windjie weg gewaai.
Soms as ek na mooi musiek luister en filisofeer , of dalk net in skreiende stilte sit en dink en droom , dan staan ek op daai verhoog met ‘n uitgelese gehoor en ek sing ‘n solo van een of ander opera , of ek staan midde in ‘n mannekoor en betower mense met my diep bas stem . Maar helaas ,menigmaal skrik ek wakker van ‘n eentonige geteem soos ‘n ou DKW wat nie wil vat nie . Soms voel ek iets minner droog teen my been en as ek my oge oopmaak hardloop hond so skamper weg , met ‘n uitdrukking van “ Jy wou mos “ op sy bakkies.

Graag sou ek ook ‘n musiek instrument wou bespeel , maar helaas , met die uitdeel van genoemde talent was ek minder teenwoordig . As knapie was dit my Ma se droom dat ek klavier moes speel , maar om kattekwaad aan te jaag was baie interesanter . Dis amper soos daai tyd toe Pa my wou leer om Zulu en Portugees te praat , maar nou ja :Spyt kom altyd wanneer jy hom nie wil ken nie en bollie op jou blink gepoetste skoene.
Maar dit verander niks aan my liefde vir mooi musiek nie , terwyl ek nou hier sit en my gedagtes bymekaar kry en neer pen , speel Ilse Roos oor die leptoppie se speakers .

Baie mense het ‘n groot musikale kennis en ek verluister my soos ‘n kind aan moederskoot . Soms as ek so na my wrederhelfte luister as sy musiek stukke se name opnoem en uitwei oor die of daai kunstenaar swel my bors soos ‘n kropduf oor haar kundigheid.
Ek ken gin musiek stuk se naam nie , maar ek geniet ‘n wye verskeidenheid .

Ek dink elke musiekie het sy plek en verdien om deur iemand geluister te word. Sommige van die vrou se familie luister klassiek en het ook ‘n groot voorliefde vir Duitse musiek. Maar musiek smaak word nie deur gene beperk nie , want sommige uit daai selfde kring kry tonekrul lekker as Oom Boetie Kallis of Klipwerf die konsertina en venote nader sleep.
Alhoewel ek nie van alles hou nie en soms maak of ek die draadloos gaan stilmaak as Boere musiek oor die eter begin ketter , geniet ek vele . Een soort musiek wat ek wel geen gebit aan kan kry nie is daardie resitasie goeters wat so met die mond as instrument aangepor word , klip kop of rep of iets.

Maar musiek loop vir my so saam met die gevoelentheid.
My konstitusie moet reg wees , anders irriteer dit wat eintlik mooi is , sewe soorte dinges uit my uit , maar my mater , as ek in die regte bui is , gooi hierrie pokkel pensie sulke esse oorrie vloer en ek dans nie eers nie.
My arme wrederhelfte , sy hou van dans en in ‘n vorige tydlyn het sy gedans tot die koeie klaar gevreet het . My Pa self was ‘n ball room danser en as hy daai vloer gevat het , moes die mense maar oppie gras loop dans , maar ek , sy trotse nasaat ek is gebore met ‘n gebrek. My wrederhelfte roep daai gebrek “Halluluja voetjies “ , ek noem dit aritmies , want ek het die ritme van ‘ n rou baksteen wat innie longdrop in gemessel is.

As ek erg in ‘n ernstige bui is , of alleen wil sit en filisofeer dan moet daai klassieke meesters soos Chopin, Handel, Mozart en die Bach broers hulle buiging maak . Wanner die gemoeds bestemming erg skuins loop le oor iets wat nie mooi loop nie ,is daar niks soos ‘n ou blues songetjie vir die streel van so ‘n onstuimige gemoed nie. Dan weer , wanneer die nostalgie soos ‘n wyfie tortelduif hier in my borskas kom nes skop tree die tradisie na vore en doen Portugese Fado die ding vir my .
As die muse my vat en pen of skryfding loop soek dan moet ek na iets in my taal luiter en dan praat ek nie van hierdie onsinnige rymelary wat nie eers vir die erg belastes sin maak nie , ongelukkig het Afrikaanse musiek soos aambeie geraak , want elke tweede japie kan sing .
En dan , wanneer ek hierrie pokkelpensie in ‘n voorskoot inwikkel en die kap borde word uitgehaal , dan moet manne soos “Drie van die bestes hulle kele rek , anders kan my messe nie sny nie . Niks gee so lekker smaak aan ‘n goeie kossie soos Coenie, Dozi ,Nianell of Ses Snare nie en gepaard met die nodige wingerd vrug verrig hierdie twee gans hande van my wondere met die verveligste stukkie vleis .

Laat aand , wanneer alles rustig is en ons die koppe uit rat gehaal en in neutral gesit het en ek stap saam met wrederhelfte so innie maanlig langs die see , smeek die gemoed vir ‘n rustige klavier spel of iets wat die liefde verkondig soos ‘n solo saxafoon.

Musiek is meer as net voedsel vir liefde , dis soos lym , wat alles wat onnodiglik los wil hang , vasbind tot waar dit hoort.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Spyker op die kop geslat
Nee jong maak nie saak of jy nou nie so lekker wysie hou nie daar is duidelik niks met jou ore fout nie. Ek luister ook musiek soos die gees my lei. Een dag se mooi is die volgende dag krapperig. Lekker gelees.
8 jaar 4 maande 3 weke 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar