Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Baie ouens preek uit die boek van Johannes en werk datums uit en wys vingers in alle rigtings na enigeen wat naastenby 'n rol kan vervul in die storielyn van Openbaring. Ons sien hulle hier op Woes ook kom en gaan. Ek ken ook die storie. Was al van kleintyd af vertel. Nou lees en luister ek na die verskillende interpretasies.

Die een wat tot op hede vir my die beste sin maak is die van 'n Jood in Israel self. Beste van alles, hy hoef nie te "vergeestelik" nie. Jerusalem bly Jerusalem en die rolspelers is almal by Israel betrokke. Nikse verplasing van visioene na ander wêrelddele en die se probleme nie. Hoe graag ander mense ookal soos Israel behandel wil word, en dit sluit heelwat Afrikaners in, is net Israel Israel en dis seker net reg so, dit is after all hulle skrywers, hulle storie.

Ek meen as iemand die storie gaan waar maak sal dit noodwendig ook hulle wees en dit lyk my hulle is nogal op skedule. Die tempel word tans beplan en die ligging geskik. Voorspoed. Hulle reken ons heidene se tyd om deel van Israel te word is binnekort verby. Hulle glo ook dat Jesus die Messias was en dat Hy binnekort gaan terugkeer maar eers moet daar 144 000 van hulle in Israel wees en Moses en of Elia of 'n ander ou uit die Ou Testament moet weer terugkom as die twee getuies. Hulle sien die huidige man in beheer van Israel reeds as 'n Gesalfde Koning, weens hy kleintyd al gesalf was vir groot dinge, reken hulle. Ek gaan hierdie ouens dophou. Hulle gaan nie hulle storie verander onder druk van die internasionale gemeenskap nie. Inteendeel, hulle verwag teenstand en verdrukking.

Ons het egter ons eie probleme, ons eie verdrukking en ons eie storie om te leef en om oor te skryf. Nie die volgende Pous of die Gesalfde Koning van Israel gaan 'n towerstaf oor Suid Afrika kom swaai wat al ons mense se probleme gaan oplos nie. Dis goeters wat ons self aandag aan moet gee instede van net na ander mense se stories sit en kyk op TV of die internet. Ek is self 'n groot sondebok. Miskien moet ek hierdie ouens net ignoreer en eerder konsentreer op 'n my eie lewe en ons storie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

openbaring is verpligde leesmateriaal


. . . .


Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
[Openbaring 1:1-3]
7 jaar 8 maande 3 weke 7 ure oud



Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar