Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Anders as vandag, het ons as jong mense vry en sonder enige kommer alleen in die strate van Pretoria gestap waar ons wou wees.

Ek het in Arcadia gewoon in ‘n privaat hotel, en gewerk anderkant Kerk Plein. As plaaskind, was dit vir my lekkerder om daardie distansie elke oggend en aand na werk eerder te stap as om bus te ry. Sonder om kort kort oor my skouer te loer vir enige gevare.

Naweke na kerk en ete, het ek stoksiel alleen as vrou die pad gevat en venster kopies gaan doen. Stadig tot ek op Kerk Plein is. Daar het ek gaan sit en na die duiwe gekyk. Hierdie was ‘n bymekaarkomplek gewees vir almal wat van die buitelug gehou het. Mense het vir die duiwe kos gegee, kinders het op die sagte groen gras gespeel. Mense het met mekaar gesels en grappies gemaak. Party was ernstig en hartseer, en het net ‘n plek van rus en vrede kom soek.

In die week kon ‘n vrou enige tyd by ‘n hotel instap en ‘n drankie alleen gaan nuttig sonder enige vrees vir gedokterde drank, of mans wat haar wellustig aangluur. In daardie dae het ‘n man nog vir ‘n vrou ‘n deur oopgemaak, ‘n stoel uit en ingestoot. ‘n Man het nog respek vir ‘n vrou gehad en dit aan haar getoon.

Die goeie ou dae. Kommerloos, vry en sonder stres.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Ou dae
Ek wonder soms of ons dit ooit weer sal sien? Veiligheid in die strate... gmph!
6 jaar 5 maande 3 dae 20 ure oud


*
Wonderlike tye gewees!
6 jaar 5 maande 1 week 3 dae 4 ure oud


goeie ou dae
Dit wat was sal seker nooit weer wees nie, hoe jammer.
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


Net sò...
waar is daardie dae heen? Gelukkig kan 'n mens hier darem nog sommer oral rondstap, selfs alleen...jy moet nou darem net nie dom wees nie, maar binne perke is dit veilig.
6 jaar 5 maande 1 week 5 dae oud


in die ou dae
Dis nes jy se Ans, dit was die goeie ou dae. Ag nee wat ek glo nie dit gaan ooit weer dieselfde wees nie. Ek voel so jammer vir ons kinders wat in vandag se omstandighede moet groot word.
6 jaar 5 maande 1 week 5 dae 5 ure oud


ou dae
Hoe verlang ek nou na my studente dae daar in die Jakarandastad ook in n privaat hotel tuisgegaan en oral heen gedrentel soos die gier my gepak het.. ai waar is die dae....
6 jaar 5 maande 1 week 5 dae 5 ure oud


---
Suggg .. Kerkplein, Paul Kruger, die horlosie op die ou raadsaal gebou wat al om die uur ge`gong het. Ai Ans, jy't my darem maar nou vêr terug geneem. Dankie vir die lekker wandeling saam met jou "down memory lane".
6 jaar 5 maande 1 week 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar