Rubrieke

Titel: Doodgaan
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

                                          Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees om dood te gaan? Of hoe het die digter gese:-"Dood waar is jou angel". Aaai dit is darem ‘n doomdenker (swartgallig in nederlands) vraag vandag, maar ons gaan almal deur ‘n doodgaan proses een of ander tyd. Dalk nie jou eie nie maar iemand na aan jou en dit is wat my laat dink. Die vraag het by my ontstaan terwyl ek in die Groote Schuur hospital behandeling en toetse ondergaan het vir my MG kondisie (afkorting vir Myastinia Gravis wat in grieks beteken erge spier verlamming).
                                          Wel, hier waar ek in die hospitaal sit het ek niks anders om te doen nie behalwe om oor die doomdenker gedagtes te sit en dink. Danksy Eskom se beurtkrag kon ek nie vir my scans wat vir Vrydag geskeduleer was gaan nie. Nou moet ek tot Maandag sit en wag.
                       
                        My eie vader het kanker gehad en na 'n siekbed was ek bevoorreg om sy hand vas te hou terwyl hy gesterf het. Dit was die langste drie ure van my lewe, maar ek sal dit nooit oit in my lewe kan vergeet nie. Hy het in sy eie kamer by die huis gesterf, want hy het geweier om na 'n hospitaal of iets te gaan. Ek en my moeder het hom gewas en skoon aangetrek na sy afsterwe, voordat die begrafnisondernemers hom kom haal het. Dit was my laaste liefdes daad aan hom.
                       
                                          Langs my hospitaal kamer is die dodekamer, of so noem ek en die verpleegsters dit sommer. Die regte naam is eintlik “Pallitive care unit” Weet nie of dit dalk beter en meer wetenskaplik of medies klink nie. Mense wat beroerte of een of ander kondisie het word somtyds op lewens onderhoudende masjiene vir 7 dae gehou. Na sewe dae word die masjiene gewoonlik afgeskakel om te kyk of hulle sonder die masjiene kan bly leef. Dit is gewoonlik ook nadat hul breinfunksies getoets was om vas te stel of hulle wel breindood is. Wel dit is soos ek en die verpleegsters dit verstaan. Die mense word dan in die kamer ingestoot en die familie kan dan kom afskeid neem. Hulle kan selfs by die terminal sterwende persoon bly gedurende die nag en daar slaap ook. Gister was daar drie sterwende persone in die dodekamer en daar was nie genoeg plek in die kamer vir al die besoekers wat die sterwendes kom groet nie. Party het in die gang gesit en gestaan en party net hier voor my kamerdeur. Die sterwendes kan egter nie terug groet nie want hulle het mos reeds nie meer breinfunksie nie, of hulle is in so ‘n swak toestand dat hulle nie meer kan praat nie.
                                          Ek het gewonder wat gaan in hulle gedagtes aan. Sou hulle wonder of die sterwende darem ‘n testament het en of hulle ook daarin ter sprake is. Sal ons darem ietsie erf as die een in die dodekamer die emmer skop. Van die jongeres het sake met die een daar binne, hulle is hier omdat die ouers gese het hulle moet kom en hulle staan en speel games op hul selfone om die tyd om te kry.
                                          Die besoekers is almal nog in skok oor die proses van afsterwe en mens kan dit op van hul gesigte lees. Party staan en prewel bid, of so lyk dit. Hulle moet nog deur die proses van ontkenning gaan. As die persoon gesterf het ook nog deur die rouproses gaan. Ek kry hulle eintlik jammer, want hoekom kom hulle nou eintlik iemand groet wat nie kan terug groet nie? Miskien is dit ‘n skuldgevoel omdat hulle nog iets vir daardie persoon wou se of doen wat hulle nie gedoen het terwyl hy nog geleef het nie? Of dink hulle dat hul teenwoordigheid die persoon kan laat wakker word en weer gesond word? Amper soos Lazarus van die Bybel dalk weer uit die dode kan opgewek word?
                                          Die suster aan diens kom toe hier by my kamer in en verneem of die mense wat hier voor my deur in die gang staan my dalk pla. Ek se vir haar; “nee wat suster, ek hoop net dat eendag as ek op sterwe le daar nie nog mense is wat begerig is om vir my iets te kom se wat hulle moes gedoen het toe ek nog geleef het” “Einste, nou praat djy die waarheid”. “Ek gaan van hulle nou versoek om te gaan want hulle sit die outjie wat moet stewe so vas hy kan mos nie aftewe nie”.
                             
                              Wel dit is toe wat die groot stormloop hier voor my deur plaasvind en 'n stuk van 30 tot 40 mense hier by die dodekamer wil instorm, al skreuende en huilende. Party kruip op die grond rond soos hulle probeer om die dooie weer uit die dood op te wek. 'n Yslike gedoente sodat die suster die sekurieteit moes kry om die mense uit die saal te verwyder, want dit het gelyk of hulle die suster wil aanval. Ek het later gehoor dit is 'n jong man wat gereed gemaak het vir sy troue en 'n masiewe beroerte gekry het. Wel, so is die lewe, nou moet hulle regmaak vir 'n begrafnis.
                                          Dit is amper soos om blomme vir iemand te gee wat dood is. Of op sy graf blomme sit. Hulle moes dit mos eerder vir die person gegee het toe hy of sy nog geleef het. Die dooie kan mos nie sien wat hulle nou prober doen net om hul eie gewete te prober sus nie, of is ek nou verkeerd hier. Nou wat die person besig is om te sterwe wil hulle vir hom drukkies gee. Ag nee wat, hulle moes dit mos gedoen het terwyl hy geleef het. Party gil half histeries en moet uit die saal gehelp word. Hulle het seker ‘n baie skuldige gewete oor dit wat hulle nie gedoen het toe die person nog geleef het, of miskien is ek nou lelik. Miskien was hulle net baie lief vir daardie half dooie persoon.
                                          Een outjie het ook die einde van sy “bucket list” bereik maar snaaks genoeg het daar niemand vir hom kom kuier hier nie en ook niemand toe hy sy laaste asem uitgeblaas het nie. Die verpleegsters se hulle kon nie van sy naasbestaandes opspoor nie. Miskien het sy familie en vriende hom reeds gegroet en wou hom onthou soos toe hy nog gesond en sterk was. Miskien wou hulle nie sien hoe hy op die einde met die sensman stoei en worstel nie.
                                          Hoe dit ookal sy, die verpleeg personeel het nogal respek vir die dooies. Hulle maak al die kamer deure toe en trek die gordyne by die sale ook toe as die lyk verbykom. Waardeer dit nogal van hulle. Mens moet altyd respek betoon vir ‘n dooie. Weet nie hoekom mense met mummies sukkel nie. Ek glo nie dit is reg nie. Dit is vir my so asof dit grens aan grafskending. Maak nie saak hoe lank terug daardie outjie of sy vroutjie dood is nie.
                                          Dit is Sondag middag en ek eet my hoender dytjie met gegeurde rys en ‘n skyf butternut asook jellie en custard en ek dink daaraan dat die persoon hier langsaan nie eens sy laaste maal kan geniet nie. Daarom is ek dankbaar teenoor my Skepper Van die vier wat hier ingekom het op Vrydag is daar nou net die een oor. Ek wonder ook of die ander twee vrede gemaak het met hul Skepper voordat hulle hierdie lewe finaal gegroet het.
                                          Dit laat my dink aan my eie bucket list en wat ek nog daar moet byvoeg. Ek sal nie ‘n klomp mense om my wil he as ek die dag afklop nie, maar sal darem graag een geliefde by my wil he. Al is dit net om my hand vas te hou as ek besig is om te stoei met die sensman. Nou nie om my terug te hou nie , maar net liggies vas te hou. Ek wil nie vreeslik blomme he nie net 'n klein bossie voor in die kerk. Sommer varkblomme of 'n paar proteas of so iets. Sommer 'n greinhout kis asseblief met tou handvatsels. Ek wil ook nie he mense moet vir my loer as ek dood is nie. So daar moet geen loergaatjies in die deksel wees nie asseblief tog maak seker daarvan. O ja en ek wil ook nie 'n gesingery of orrelspel in die kerk he nie hoor net sagte musiek.Of 'n gunsteling liedjie soos bv. Queen bee van Royals of so iets. Iemand kan eerder een van my gediggies opse, of sommer iemand anders se gediggies of voorlesing. As iemand iets oor my lewe wil se is hulle welkom, maar groot asseblief tog net nie vertel hoe goed die outjie was of enige van daai nonsens nie. En dan laastens. Ek wil nie in die grond begrawe word waar ek die grond besoedel en allerhande goggas my beetkry en waar dit donker en nat is nie. Veras my en sit my asse onder 'n bankie waar mense kan sit met my gediggie "Ek is" op 'n plaatjie by die bankie. Sommer daar op die kerk gronde dalk. Ag en ek sal bly wees as my skryfwerkies nog op woes bewaar kan bly.
                                          Ek wonder hoe ander mense die dood sien. Sal hulle alleen wil wees, net een geliefde by he of sommer al sy vriende en familie by hom wil he.
                                          Groetnis vanuit die kamer langs die dodekamer op my regterkant en die prisoniers kamer aan my linkerkant. Gelukkig nog nie in die dodekamer. Ek hoop darem om my Superman pakkie aan te trek en soos Superman hier uit die hospitaal uit te vlieg of soos 'n prisonier wat dit regkry om 'n breek te maak en die gat te vat.
                                           
                                     
                               
                         
                   
             
       
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dood
Man ek het nogal 'n opinie of 2 oor doodgaan. Sommige mense leef baie langer as wat hulle moet, want medikasie ens hou hulle aan die lewe. Oftewel aan't asemhaal. Ek is nie bang vir doodgaan nie, net bang vir seerkry.
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud


doodgaan
Ek was by my skoonmoeder toe sy oorlede is aan kanker.. n vreeslike lyding van 5 jaar en n aaklige dood .. vandag 23 jaar later onthou ek elke detail.. my eie moeder is na n beroerte in my arms in my kar oorlede, ek het slegs 45 min gehad om afskeid te neem ... albei was erg traumaties en seer.. maar dood is slegs n deur na die Ewigheid, ek dink die groot seer en trauma is die lee gat wat die persoon agterlaat .. die verlange wat net meer word elke dag...

Ek voel soos jy Schatz, gee blomme en liefde terwyl die persoon dit kan sien en waardeer.. ek kan nie n grafaanbidder wees nie... die persoon is nie daar nie maar by ons Hemelse Vader gekoester in Sy Liefde.. so ek dink nie ek wil massas mense om my he as ek eendag groet nie .. laat hulle my onthou soos ek was in die lewe

dankie dat jy hierdie gedeel het.. mense is so bang om oor die naderende dood te praat... eintlik is hierdie mense bevoorreg om tyd te he om te kan regmaak voor hulle gaan
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 13 ure oud


Die dood
Ek het my man gese dat ek eendag n wit kis wil het met baie pienk blomme op en as ek ek dit nie kry nie gaan ek by hom spook, haha.

Ja die dood is angswekkende, omdat dit so finaal is en ek wonder altyd of daardie person die geleentheid gehad het om sy saak met God reg te maak. Dis vir my die aller belangrikste.

Dankie vir jou skrywe en baie sterkte vir jou verder.
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


doodgaan
Ai man, wat kan ek sê. Jy het my regtig baie gegee om oor te dink. Dankie daarvoor en ek sal aan jou ook dink. Ek is bly jou gees is so opgewek en ek kan net dink wat jy vir daardie mense beteken. Dis great
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


Dood
'n Onderwerp waaraan mens nie wil dink of regtig oor wil praat nie, maar tog so deel van ons lewe.
Dankie vir hierdie vertelling, laat mens net weereens besef hoe kort die lewe eintlik is, en hoe nodig dit is om elke dag voluit te leef, want ons weet nie wanneer ons dalk daar beland nie. Sterkte Schatz, ons glo saam met jou dat jy spoedig soos Superman daar uit sal vlieg :)
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


+++
Een van die mees onbeskryflike tye in my lewe was toe my ouma gesterf het. Een-en-veertig jaar gelede. Die proses het 4 maande geduur. Sy was by haar volle positiewe tot die laaste oomblikke, sy was nie juis siek nie, net oud. Haar gelaat het die hele kamer meer en meer 'verlig'met meer en meer vrede, blydskap. Ek het gehuil, nie omdat ek hartseer was nie, maar omdat ek oorstelp was, oorweldig deur 'n Teenwoordigheid. So is sy weg ...
5 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud


Ano
Dood
Oh gonna! Ek het al meermale onder die indruk gekom dat 'n mens so uiters broos is en maklik doodgaan, tog is daar mense wat so daarvoor wens, en dan is hulle taai soos ratels. Die onverstaanbaarheid van die lewe tog. hehe. Wel, sterkte en hoop jy word al verder, en verder, weg geskuif.
5 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud


O
Eintlik weet ek nie wat om te se nie behalwe dat ek jou nog 'n kuier skuld in Barrydale
5 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud


dood
dankie vir hierdie stukkie. goed beskryf en herinner ons net weer aan al ons seêninge
5 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud


Dood
Dankie vir die deel van jou gedagtes vriend. . .

Ja, die dood is onherroeplik deel van die lewe, ons almal moet daardeur. Dit is egter ook 'n deel daarvan wat ons as mens nie graag bespreek nie, hoofsaaklik omdat dit vreemd is aan die ons, maar dit bly 'n harde werklikheid.

Maar die sagte werklikheid daarvan vir my is dat dit nie die einde is nie, want dank God daar is die versekering van die Ewige Lewe wanneer Jesus eendag gaan kom om Sy kinders op te wek en saam met Hom na die hemel te neem.

Daarom is die lewensbelangrikste saak vir my, dat my saak met Hom reg sal wees.

Sterkte vriend.
5 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud



Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar