Rubrieke

Titel: Onverwags
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe kan ‘n mens beskryf om twintig jaar lank gebuk te gaan die swaar juk van verdoemende etikette? En dan onverwags, eensklaps soos ‘n donderstraal, klief die swaar gelaaide hemelruim van bipolêre storms oop en die sluise van ware vrede reën val op die dorstige woestynland wat soos hertsbokkie gesmag het na die druppels…

Met die doudruppeljies soos diamantjies blinkend op ons rooi Madonna rose nog, maak ek die hekke van ons huis oop. Die swart teer rivier gaan vandag my verder as twee honderd kilometer na my psigiater neem in die stad. My hart klop ontstuimig by die gedagte wat gaan gebeur.

Soos die kilometers verbysnel, olie ek my breinratte met die gedagtes aan die afgelope tyd se gebeure. Met verwysing na my “Lied van die kokon” het die seisoen beslis gedraai. Die eerste filtrasie van lig in ‘n nou spleetjie in die kokon het ‘n beroering veroorsaak. Dit het gebeur met ‘n geestelike wonderlike droom wat ek gehad het. Ek wou verseker wees dat ek “nie alweer van my trollie af raak” en op die maniese” roller coaster” klim nie.

Die mediese sentrum was drie weke terug, oorvol van siek pasiënte en ek het toe na-ure die toets van geduld deurstaan om vir die geneesheer te wag. Ek het gebid dat wie my ook al die dag help, ‘n gekose gesant van God self sal wees. Sorgvuldig het ek die droom neergeskryf. Uiteindelik sien ek die dokter. Ek het fisiese klagtes ook gehad – sinus. Maar eers gee ek vir hom die blou boekie waarin ek die droom neergeskryf het. Stil lees hy die paar bladsye terwyl ek hom monitor vir enige reaksie. Maar hy is stilswyend tot hy dit klaar gelees het. En dadelik wil hy weet waarom ek hom besoek.

My hele geskiedenis en getuienis moes ek uit die mou laat. En ek het gedink dit is nou die gedeelte waar dokters altyd sê: “Hier is meer medikasie. Dit is GEEN godsdienstige ervaring nie. Neem jou pilletjies en vergeet daarvan”. Maar om ‘n baie lang storie in ‘n blik te druk – die dokter het vir my drie vrae gegee om te antwoord.

Die volgende dag het sorgvuldig die vrae so goed ek kan en met gebed beantwoord. En die dokter het dit aanvaar! Maar die dokter het wel om homself gerus te stel, die medikasie verhoog. MAAR die kern hiervan – hy het gesê die ervaring is van God!
En nou pak ek hierdie tog na die psigiater aan, want die medies vereis dit. In my gedagtes trek ek die wapenrusting van God aan as voorsorgmaatreël teen die pyn en teleurstelling wat gaan volg.
Nog nooit het ‘n psigiater dit erken dat God in drome met selfs bipolêre (of juis) mense praat nie. So teen die tyd is dit al roetine…

Op klokslag meld ek na die lang reistog by ontvangs van die psigiater aan. En daar op die stoel voor die psigiater tref die onverwagse weerligstraal my… “Hannelie mens kan nie altyd aanvaar dit is bipolêre depressie nie.. hierdie sake het ‘n ander vlak – ‘n geestelike vlak ook..”

Ek brand om uit te brei op die storie. Maar nog ‘n ander onverwagse werklikheid het my soos ‘n onverwags betrap.. My hele getuienis, bipolêre en kokon-stryd, my oorlog teen etikette en derglike sake het ek uiteindelik die lig in boekvorm laat sien.
Onverwags soos God uit simpel vissie en broodjie ‘n ete kon voorsien. Onverwags soos net God se perfekte tyd dit vir my bestem het. Onverwags het daardie swaar, digte tronkdeur vir my geopen en ek weet God se woorde keer nooit leeg terug nie. Onverwags het daardie opgewondenheid van verlossing se mosterdsaadjie ontkiem in my hart en ek weet ek gaan nooit weer terugkyk nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onverwags
Heel onverwags...of dalk tog nie! Mens kan wonderbaarlike dinge van God verwag!
Dankie vir jou bydrae tot hierdie tema!
3 jaar 2 maande 1 week 6 ure oud


Ano
Onverwags
Hoe wonderlik is dit nie. God werk tog op maniere en deur persone waar ons dit dikwels nooit eens verwag nie. Het dieselfde ondervinding gehad waar geestelike leiers nie die antwoorde gehad het nie, maar tog het die regte person met die regte raad op die regte tyd verskyn. Die lewe is toe nie heeltemal in swart en wit soos voorgese word nie.
3 jaar 2 maande 1 week 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar