Rubrieke

Bladsye:
Titel: Wonderwerk
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het reeds vertel van die wilde woeste week wat ek tot dusver agter die rug het. Snags 2uur uit op die pad en saans eers weer hier by 12 uur terug in my kaia-kamer.
So is ek gister oggend weer 3 uur uit op 'n amper 600 km trippie. Terug by die kantoor kon ek genadiglik die maand afsluiting doen en HK toe stuur. Skaarsklaar daarmee, kom die dringende "break down" van ZAC myn af. Nog 'n 600 km trippie heen en weer. Vinnig werk ek uit dat ek ongeveer 1 uur laas nag weer by my kaia-kamer kan wees.
Op pad terug kom die oproep. Daar is 2 uur 'n trippie Kangra toe. Weer 600 km. Ja, ek het tog nie 'n keuse nie, ek sal ry. Geen slaap vannag vir my nie.
Terug in Dannhauser moet ek net eers die bakkie vol diesel maak want die tenk lê op kwart.
Dis toe dat ek besef op watter wonderlike, en soms onverwagse maniere Hy werk. Hy het gesien hoe moeg ek is met slegs 8 ure slaap die afgelope week. By nie een van die drie garages is daar 'n drupel diesel of selfs petrol beskikbaar nie!!! 'n Saligheid sak op my neer. Glory, ek kan nie ry nie, al wil ek ook. Ek kan rustig in my bed klim en slaap tot ek wakker word, want ek gaan eers 11 uur aan diens.
In Sy alwysheid het Hy gesorg dat ek nie kan ry nie, en dat die base my ook nie kan verkwalik nie. My bakkie kan tog nie op water ry nie.
Ek het Hom gevra om te voorsien dat ek net so 30 ure oortyd kan kry. Daar is nog 5 dae oor voor ons ons oortyd moet inhandig, en my oortyd staan reeds op 43 ure! Ek kan net noem dat dit oortyd vir 15 dae is



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Wonderwerk
Dalk het jou beskermengel 'n bietjie petrol gedrink... Hehe, het jy hom nie hoor hoes nie?
In der waarheid het ek dit al vantevore iets soortgelyks gesien gebeur. Waar 'n probleem op 'n engine die motor verhoed het om vinniger as 'n sekere spoed te ry - maar eintlik glo ek dit was eerder 'n besturing van Bo, want die bestuurder was nie meer padwaardig nie :-(
5 jaar 4 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


Soms
. . . Jan, soms moet mens besef jy moet luister.
5 jaar 4 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


ry
Liewe aarde Jan hou hou jy dit. jy verniel jouself
5 jaar 4 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


***
Bly vir jou part, maar net sowel -- jy kan mos nie soveel ure aanmekaar ry nie, man.
5 jaar 4 maande 1 week 5 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

    deur Francis Gillieron

    Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar