Rubrieke

Titel: Oujaar
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Oujaar lê plat op sy rug en snel ten einde met slegs 2 dae oor.
Oral waar ek gaan of beweeg, in die straat of winkel, hoor ek mense praat oor wat hulle beplan, sien ek hoe hulle aankope doen vir die groot fees wat wag. Sommige gaan na 'n dans, ander gaan saam as gesin die Nuwejaar inwag. Ander verwag talle vriende vir 'n groot opskop en jol.
En ek? Wat gaan ek doen? 'n Onverwagse hartseer oorval my, 'n stille,eensame traan dreig om te val. Soos hierdie traan gaan ek alleen wees. Alleen die Oujaar groet en die Nuwejaar verwelkom. Wat 'n vooruitsig.
Bog, snert en onsin. Ek gaan nie sit en tjank en myself bejammer nie. Alleen of de not, ek gaan ook fees vier. Dadelik koop ek vir my 'n piepklein braaiertjie, 'n stukkie vleis en 'n bottel heerlike wyn.
Laterig die aand gaan ek my vuurtjie brand steek, my vleisie braai en as die klok slaan 'n glasie met myself, in die spieel, klink. Ek en myself in die spieel is mos twee! Dus is ek nie alleen nie. Dan, onder 'n boom op die sypaadjie, gaan ek kyk en luister, hoe die hoofsaaklik swart gemeenskap waar ek woon, die Nuwejaar jillend, gillend, en met baie vuurwerke verwelkom.
Kan nie wag vir my alleen fees nie. Dit kan net lekker wees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ou
Ten minste het jy goeie geselskap gehad! Hoop jou jaar bly so positief!
5 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 9 ure oud


oujaar
Geseende nuwe jaar
5 jaar 2 maande 4 weke 2 ure oud


al een
en dan sê jy vir jouself in die spieël' Handsome, nother great year
5 jaar 3 maande oud


Al een
. . . is 'n mens nooit! Veral nie met'n positiewe gesindheid nie.

Lekker braai en geseënde Nuwe Jaar!
5 jaar 3 maande 7 ure oud


oujaar
Jan in die gedagtes is ons saam met jou, ons is ook maar rustige mense op die oujaar
5 jaar 3 maande 16 ure oud


Ano
Oujaar
Hier word ook nikse fees gevier nie en sal maar 'n glasie wyn in die stilligheid met jou klink. Nie te eensaam raak nie, ek is ook hier iewers...
5 jaar 3 maande 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar