Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Vanoggend staan ek in die bank (Darem nie oor my oortrokke rekening en dreiging dat ek my tjekboek maar moet groet as ek wéér my toegestane saldo sonder vooraf reëling kougom rek nie!) en hier skrams van my staan 'n vroumens breed van sit-en rugkant en ek voel sommer tuis in my ongemaklike oorgewig lyf. En ja, 'veneuk-jouself' voel ek my vir sekondes selfs skraler as toe ek eens so superfiks was innie Armie! Maar toe draai die swaardra-mens swikkerig dwars en my uiters delikate oogstruktuur othou uit 'n lankreedsvasgelegdekykkultuur dat ek in die lewendigste paar koringblou oë staar soos wat ek op Laerskool bevoorreg was om te ken! En ek stik in oorstelping want hier voor my staan juffrou Orpa blosend van rondigheid soos maar altyd omdat sy jare al opgegee het om gehuud te raak. Maar wat van ’n Mentor! Toe nie haar in standerd 1 (want grade tot 12 was toe ongedenk!) na waarde geskat nie. Moes eers ouderdom-dom word om jeugdinge slim te onthou…

Ek gedenk asof dit gister was die dag toe sy geleer het van die ‘trappe van vergelyking.’ Haar rustigheid van stem het haar stadigheid van swaar beweeg oor gewigtigheid van volligheid oorheers. Tog was sy in haar klasgee vingermaermooi vir my. Ek het haar lippe behang; dit aangekleef; tussen lip en afwesigheid van lipstiffie myself geestelik behoorlik ingewúrm! Sy was my volmaakte drie in rugby; my volmaakte ses in krieket; my volmaakte boel in skyfskiet. Ja, sy was kopgelyk met Ma in alles wat Salomo oor die deugdes van 'n vrou kon kwytraak. Sy was in my oë so supersmart dat, toe sy eendag onoplettend 'n sagte roepie los en die ander kinders onderlangs daaroor giggel, het ek opreg geglo dit is nie sy nie maar my gehoor wat rigtingbepaling verloor het..
Tot eendag...

  Jeffrou Orpa behandel die leerplan wat vereis dat die TRAPPE VAN VERGELYKING geleer moet word. Vir haar natuurlik soos asemhaal, want sy het vir Ma dit immers al op skool geleer. En dit gaan oor rooi, rooier, rooiste; stout, stouter, stoudste; wit, witter, witste en so meer. Die klok vir pouse moet lui, maar Orpa se stem rustig voort. Hou ons ou klassie gevange met stilswyende toestemming. En toe kruip satan al minute terug my oor te binne: “Vra wat is die trappe van vergelyking van verdwaal…”

Toe die skool die middag uitkom huil ek steeds in my ego verniel oor die vernedering van bestraffing dat daar nie trappe van vergelyking is vir ‘verdwaal’ nie…

Maar met die hardnekkigheid van 'n Jopie Fourie, 'n Bart Nel en soortliksgeaarde manne glo ek nog onwrikbar ek was reg en is onnodig verklein en 'n bespotting van gemaak omdat ek reg was om te verskil en om te mandaat dat die trappe van vergelyking vir verdwaal is: VERDWAAL – WEGGERAAK - IN SY MOER.

Ek mag verdwaal gewees het toe; ek mag weggewees het toe; ek mag in my moer gewees het toe maar een ding staan: Dit kan nie anders wees as dat jeffrou Orpa met haar koringblou oë steeds voltyds klas gee in die Hemel nie...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek hou van jou skryfstyl en woordbeelde, K. Lekker gelees aan dié een.
4 jaar 11 maande 2 dae 11 ure oud


Trappe
He-he, dit was nou 'n lekker skryfsel.
Jou woordbeelde is werklik besonders!
4 jaar 11 maande 3 dae 14 ure oud


trappe
hehehe hoe lekker giggel ek nou!!! Ja ek sien die hele prentjie van die manhaftige mannetjie wat dan weet hy's reg voor my oe.... en ook die juffrou se reaksie daarop.. hulle was mos so kwaai!!! hehehe lekker gelees dankie
4 jaar 11 maande 4 dae 18 ure oud


Ek bedoel miskien
nie mislien nie!
4 jaar 11 maande 5 dae 3 ure oud


Verdwaal . . .
mislien moes jy maar 'in sy peetjie' gesê het?
4 jaar 11 maande 5 dae 3 ure oud



Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar