Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is seker elke vrou ken daardie gevoel. Daardie sinkende gevoel wanneer jy besef jy kom net nie meer by alles uit nie. Elke vrou kom op daardie stadium waar sy regtig moet besluit waar haar prioriteite lê.

Ek sukkel om nee te sê wanneer mense my vra vir hulp. Totdat al my aktiwiteite begin bots het. Wat my die meeste gepla het was nie dat dit gebots het nie, maar dat ek moes kies. Hoe kies 'n mens wanneer almal vir jou ewe belangrik is? Wanneer 'n stukkie van jou hart by elkeen van daardie aktiwiteite lê?

Dit het my egter 'n belangrike les geleer. Dink voordat jy instem om iets te doen. Dis egter ons vrouens se grootste probleem. Ons dink met ons harte en nie ons verstand nie. Dit is net nie moontlik om die wêreld eiehandig te wil red nie, alhoewel daar vrouens is wat tog lyk asof hulle dit reg kry.

En nee ek probeer nie sê dat vrouens makliker uitbrand as mans nie. Die enigste rede hoekom ek slegs na vrouens verwys omdat ek dit uit 'n vrou se oogpunt skryf. Vrouens is en bly emosionele wesens en daarom is dit amper natuurlike instink om in te stem wanneer iemand ons vra om met iets te help.

Die groot vraag bly egter: Wat doen jy wanneer jy uitgebrand voel? Die antwoord is eenvoudig, drink 'n koppie chamomile tee (of 'n glasie rooiwyn)en besef jy is nie Superwoman nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ai, die liewe voumense
Lyk my, slegs vrouens KAN multi-tasking. (As ek dit weet, soek ek ene uit om dit te doen)
Vrouens is eenvoudig gevoelvoller (kies ek bo ,emosionaal' wat bietjie te na aan histeries is). En daardie ,gevoelvol' meen ek is van onskatbare waarde in ons yskoue, geraadsporige ,manswêreld' van vandag.
Die vrouens ,wat dit gemaak het', bv M. Thatcher, A. Merkel, en soortgelykes het sekerlik iets volbring. Maar ten koste van hulle vroulikheid. Hou H. Clinton dop.
Ek wens julle sterkte by die onmoontlike dinge wat julle doen. Wens ons die vaardigheid om dit aan te erken en waardeer.
GvT
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


Uitgebrand??
Het al vir wederhelf gevra; vir wie wil jy nou eindelik beindruk?

Maar tot hede geen antwoord nie.
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


uitgebrand
baie goed geskryf Marthie-Lize en ja ons vrouens wil tog so graag almal help...
4 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


uitgebrand
Ons groot probleem is die "multi-task" wat manne mee sukkel en hoe meer ons doen, hoe meer wil en kan ons doen.
4 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar