Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek kyk deur die onderkant van ‘n kaleidoskoop en alles lyk dof en deurmekaar. Dis baie keer hoe ons lewens vertoon. Alles lyk dof, deurmekaar en uit fokus uit. Draai die kaleidoskoop om en skielik staan jy verstom, die helder kleurpatrone wat na jou toe reflekteer as jy deur die regte lens daarna kyk.

Wanneer jy na die samestelling van ‘n kaleidoskoop kyk is dit slegs ‘n buis, twee lense, baie verskillende kleure gebreekte glas en klein spiëels om die lig teen die regte hoek te breek. Soos jy die lense draai, so verander die patrone om die mooiste samestellings van kleure te reflekteer.

Net so maak die lewe ook draaie met ons, omdat ons in die warboel staan en te na aan die chaos is, kan ons nie die mooi prentjie sien wat God besig is om te skep met ons lewens nie. Ons kyk die groter prentjie mis. Ons verstaan nie die legkaart wat God besig is om met ons lewens te bou nie. Hoe gouer ons besef dat ons nie in beheer is van ons lewens nie, hoe gouer sal ons begin rustig raak en God vertrou om die beste vir ons te beplan.

Kom ons kyk weer na die samestelling van die kaleidoskoop, die buis is die lewe wat ons elke dag in staan, die lense is die gesindheid waarmee ons na die lewe kyk, positief of negatief, die gebreekte glas is ons ervarings in die lewe, die klein spiëels is ons familie en vriende wat in ons lewens vir ons spesiaal is en die lig wat die patrone laat skyn is God se liefde vir elkeen van ons.

Wanneer ons deur die lens van negatiewiteit kyk lyk alles vir ons dof, deurmekaar en uit fokus uit. Maar wanneer ons deur die lens van positiewiteit kyk dan is alles kleurvol, ordelik en vreugdevol. Elke ervaring wat ons in ons lewe het kleur ons lewensprentjie in, dis die kleur waaruit ons lewens bestaan. Ons familie en vriende bepaal baie keer hoe ons na onsself kyk, hulle reflekteer ‘n sekere beeld na ons toe waarvolgens ons onsself meet.

Ja, ek weet maar te goed daar is sekere mense en familie wat ‘n negatiewe beeld na jou toe uitstraal, maar dan moet jy onthou, wanneer jy ‘n prentjie skilder, is swart of donker lyne nodig om die kleur helderder te laat uitstaan, anders vloei die kleure net ineen en is daar geen kontras in jou skildery nie, daarom is die swart en donker kolle ook nodig, juis om die kleur en lig helderder te laat skyn.

Daarom wil ek julle vandag aanmoedig om jou kaleidoskoop (lewe) om te draai en vanuit ‘n ander hoek te bekyk. Kyk deur die regte lens en jy sal verstom staan voor die kunswerke wat voor jou oë ontvou.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kaleidoskoop
ai dis lieflik
4 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Kaleidoskoop
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


kaleidoskoop
Pragtige boodskap in hierdie werk
4 jaar 10 maande 4 weke 5 ure oud


kaleidoskoop
Mooi inspirerend gepen.
4 jaar 10 maande 4 weke 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar