Rubrieke

Titel: Maskers:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die gesegde van ‘Ons almal dra ‘n jas’ wil ek vandag omdraai en sê: “Ons almal dra ‘n masker”. Of miskien meer as een? Die lewe het vir jou al soveel dwarsklappe gegee dat jy net nie meer jou ‘gesig’ in die openbaar kan wys nie. Die Engelse praat van ‘Letting your guard down’.

Ek vind dat baie keer is ons by ons ouers een persoon, by jou eie huis is jy ‘n ander persoon, by een groep van jou vriende is jy so en by die ander groep weer sus en by die werk is jy weer heeltemal iemand anders.

Wat in hierdie lewe verplig ons om die heeltyd ‘n masker op te sit? Hoekom kan ons nie net onsself wees nie? Die probleem met hierdie maskers wat ons die hele tyd dra, is dat ons naderhand so vasgevang word in die rolletjies wat ons speel dat ons die entiteit van jou eie persoon geheel en al verloor.
Dan kom ons op ‘n dag tot die skokkende besef dat ons die persoon ‘Esmarié’, ‘Piet’ of ‘Klaas’ glad nie ken nie. Jy het jou eie identiteit verloor! Wie is die ander mense in elk geval wat hulle so belangrik maak dat jy vir hulle aanvaarbaar moet wees?

Die enigste belangrike persoon in jou lewe behoort God te wees, en wat Hy van jou dink is kosbaar! Hy dink dat jy uniek is, dat jy volmaak geskape is, dat jy soveel werd is dat Hy vir jou sal sorg!

Wat meer het ons nodig?

Ek dink ons almal het tot ‘n mindere of meerdere mate nodig om die masker of maskers te laat val en ‘n bietjie in die spieël te gaan kyk en die persoon aan die anderkant werklik te gaan ontmoet.

Elke persoon het sy eie regmatige plek in die lewe en niemand kan sy skoene volstaan nie, jy het ‘n spesiale doel op hierdie aarde, gaan soek dit…




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

maskers
Dit is waar ons gaan almal met maskers deur die lewe.
5 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


Maskers
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die MASKER projek.
5 jaar 6 maande 3 weke oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar