Rubrieke

Titel: Ek Sien...
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien te veel stress, te veel spanning, te veel ongelukkigheid. Te veel te doen, te min tyd, te min liefde en omgee. Altyd aan die hardloop. Eet ietsie hier, eet ietsie daar. Te min gesonde kos. Bitter min voedsel vir die siel. En deur dit alles ‘n donker hond wat soos ‘n kanker aan jou siel en liggaam vreet…

Ek sien ‘n dag, ‘n knop, ‘n klont. Onverwags, skokkend. “Here hoekom ek? Wat het ek dan gedoen dat so iets my moet oorkom?” Verwarring, vrees, vertwyfeling. Onsekerheid, ongelukkigheid, ontevredenheid. Ontsag vir die dood.

Ek sien die ingryping. Sjirurgies word die indringer uit die liggaam geruk. Die wortel van die onheil vernietig, elke stukkie daarvan. Van stof is jy gemaak en soos onkruid word die onding chemies behandel, bestraal. Elke krieseltjie verguis tot niks.

Ek sien ‘n plantjie teruggesny tot op die aarde, swak en broos. ‘n Plantjie wat soebat na versorging, na liefde, na ondersteuning, na water vir die siel.

Ek sien die plantjie na die Skepper draai en sonder beperking of grense onvoorwaardelik glo in genesing. Altyd positief, altyd sterk in die geloof. En die regte voeding word toegedien, en ‘n ondersteuningsgroep van God, vriende en familie word om die plantjie opgerig. En baie stadig, maar seker, begin daardie plantjie sy koppie lig en opkyk na die Son.

Ek sien hoe dit somtyds nodig is vir wat as ‘n ramp beskou word om met ons te gebeur om vir ons te wys dat niks sonder die Vader moontlik is nie. Ons is so in ons daaglikse doen en late vasgevang, goed en sleg, dat ons vergeet dat ons liggame ‘n tempel van God is. En soos enige gebou moet dit versorg en onderhou word. Ons moet tyd maak om stil te raak, rus vir die siel te vind, die tempel te reinig van dit wat die fondamente wegvreet. En net so belangrik as die voedsel vir die Gees is die voedsel wat ons liggaam moet voed.

Ek sien te veel gemorskos, te min heilsame voedsel saam met familie om die tafel geniet. Vrede en vreugde en familie om die tafel, die resep van geluk en gesondheid. Voorkoming is net so belangrik as genesing.

Ek sien dat met geloof, en hoop, versorging, liefde en die regte voedsel volkome heling plaasvind.

Ek sien ‘n poort wyd ope staan, en deur die aardse duister, bestraal ‘n kruis my lewensbaan met wonderskone luister. Genade God’s, so wyd en vry, U deur staan ope ook vir my se die lied. Gelowige, rig jou oog op die Kruis en glo, en ek sien dat ook jy gered sal word.

 

Amen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek sien
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 6 maande 1 week 21 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar