Rubrieke

Titel: Durnacol
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos meeste van julle weet werk ek al amper twee jaar in Durnacol en woon hier in 'n kaia wat my baas huur. Ek gaan net elke 2e naweek na my pondok en Ouvrou in Gauteng.
Meeste van julle het nie 'n idee waar Durnacol is, of wat hier aangaan nie.
Ek deel graag die bietjie inligting wat ek kon bekom met julle.

Durnacol is sowat 6 km vanaf Dannhauser, die naaste klein dorpie. Dan is ons ongeveer 30 km vanaf Dundee en ook sowat 40 km vanaf Newcastle.
DURNACOL is die akroniem vir Durban Navigational Collieries. 'n Myn wat geopen is aan die begin van die 20e eeu. Die myn het hoofssaklik "coking caol" produseer vir die skeeps-industrie. Later is dit ook gebruik vir die smelt van yster.
Aan die begin van die jaar 2000 is alle produksie gestaak en is die myn toegemaak.
Tans word die myn-area gerehabiliteer en word dit deur die plaaslike munisipaliteit beheer.
Meeste van die huise op die perseel is verkoop aan individue wat dit restaureer en self bewoon.
Geweldig baie Moslems word hierheen getrek deur die Muslim Educational Centre for Boys genaamd Jamia Faizul Uloom.
Durnacol is tans net 'n woonbuurt met 2 "kuka shops" en natuurlik ook 'n sjebeen.
Populasie: Ongeveer 3200 siele.
Tale gepraat:
Zulu: 87,8%
Eng.: 6,8%
Afr.: 3,1%
Ander:2,3%

My eie waarnemings.
Binne loopafstand van my kaia is 'n redelike groot dam waar ek soms sien mense visvang. Ek eet nie damvis nie, maar sal ook nie waag om hierdie vis te eet nie. As die riool verstop loop alles in die dam.
Die plekkie word werklik netjies en skoon gehou deur die munisipaliteit. Vullis word gereeld verwyder en die strate, sypaadjies en oop oop terreine, volop in die dorpie, word skoon en netjies gehou.
Soos die res van die land het ons ook hier die gehate beurtkrag.
Uniek egter is dat ons ook beurtwater het! Menige aande is hier geen water in sekere dele van die dorpie nie, terwyl ander wel het. Nog 'n unieke is dat daar ook selfs soms warm water by die koue kraan uitkom!!!
Straatligte wat brand? Ek sal maar liewer nie daaroor uitbrei nie.
Hier gebeur werklik elke halfuur niks en dan duur dit sommer dae lank.
Volgende keer vertel ek meer oor Dannhauser, die groot "stad" net hier by ons agterdeur.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Durnacol
dankie vir die toer deur jou dorpie, was interessant
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


die weervoorspelling
dankie vir die toer...
ek was baie baie baie jare laas daar verby.....
hoe ver is dit van Wasbank?(of is ek nou verdwaal?)
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


Durnacol
Dankie Jan. Ek het altyd gedink jy gaan oorsee of so iets! Toemaar ek grap.
Ek het werklik die stukkie geniet. Het ook werklik nog nooit van die plek gehoor tot jy van dit begin praat het nie. Baie interessant gewees. Ja en ek kan ook nie glo dit is al twee jaar nie. Wys jou hoe vining gaan dit tyd om.
Ek sien uit na jou inligting oor Dannhauser. Ek het darem al van Dundee en New Castle gehoor!!
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 12 ure oud


Durnacol
Interessant, dankie Jan! Verblydend dat die dorp se munisipaliteit effektief is sover dit die skoonhou aanbetref.. Dit maak nogal 'n verskil...
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


durnacol
dankie Jan het dit geniet en sien uit na die reise saam met jou. ek was my laastye vyf jaar op die spoorweë in Vryheid op die steenkool lyn en het n slag terwyl ek daar was op Dundee afgelos
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


durnacol
Dankie vir die deel, Jan. Ek kan skaars glo dis al twee jaar :-)
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


Durnacol
Dankie Jan, dit was nou baie interessant! Ek wag vir die volgende aflewering . . .
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar