Rubrieke

Titel: Dood. 2
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos belowe, wil ek julle net op hoogte bring van wat vandag gebeur het.
Vanoggend vroeg, net na 6 moes ek gou ietsie by die werk gaan doen, alhoewel ek eers hierdie week 11 uur soggens begin werk.
Toe ek na my bakkie toe stap keer die "boyfriend" wat die afgelope maand hier by Linda gebly het, my voor en vra dat ek hom gou bank toe moet neem om geld te trek, en dan moet ek hom na die naaste sjebeen neem want hy het 'n stywe dop nodig.
Die vraag kom dadelik by my op, waar kry hy geld in die bank want hy werk nie, en so vroeg in die oggend wil hy al suip! Jammer vriend, maar ek is op pad werk toe, ek kan nie nou ander draaie ry nie.
Snot en trane gaan hy aan die huil oor Linda wat dood is. Ek belowe dat as ek oor 'n halfuur terugkom, sal ek hom neem. Ek weet ek sal hom nie neem om geld te trek of dop te gaan koop nie.
Ek WEET waar hy die bankkaart gekry het en ek SAL nie aandadig wees aan diesfstal nie.
Toe ketretugkom staan Linda se kar klaar in die oprit.Poewen, die grootste skelm hier rond se hy sal vir Pieter neem waar hy wil wees. Ek waarsku hom dat hulle in die moeilikheid gaan kom. Dis Linda se kar en hulle mag nie daarmee rondry nie.
Laat vanmiddag bel een van SANDVIK se groot base my. Sy suster, ook 'n groot kokkedoor op die myn, is deur LInda se familie gekontak en gevra om in te gryp hier by die huis. Hy vra dat ek dadelik na my kaia sal kom. Sy suster wag vir my.
Sy het almal uit die huis verwyder, maar hy weier. Volgens hom is hy Linda se "common law husband." Sy vertl hom mooi waar David die wortels gegrawe het want hy en Linda was nog nie eens 2 maande saam nie. Dy vra hom ook waar is Linda se bankkaarte want daar is vanoggend geld uit haar ABSA rekening getrek! Hy vertel vir die dame alles is in Linda se kluis. MAAR hy het die sleutel in sy sak!!!! So is hy hier weg. Die dame vra my om asb. saam met haar die kluis oop te maak as getuie. Sy wil ook nie alleen in die huis wees nie. Linda se een broer is 'n bekende advokaat. Ek vra haar of sy weet dat daar ook 'n Standardbankkaart is, want ek het al vir Linda uit dardie rekening geld getrek. Daar is niks, maar niks in die kluis nie. Al Linda se juwelierskassies is dolleeg, en sy het duur juwele gehad. In die kombuis kry ons op die stoof 'n egte silwer teestel
net reg om in 'n sak gelaai te word.
So kom ons agter dat talle kleiner duur artikels alreeds gesteel is. Linda mag 'n lelike reputasie gehd het, maar sy het werklik duur antieke meubels, skilderye en koperware in haar huis.
So vra ek vir die dame waar is die kar? Pieter het vir haar vertel dis sy kar. Dadelik is ons met my bakkie agter hom aan na waar hy voorheen gebly het, en steeds 'n kamer huur. Gelukkig was daar iemand wat die kar vir ons kom terugbring sodat ons dit in die garage kon toesluit.
Iemand het ook by die polisie gaan kla en gese hulle moet ondersoek instel want Linda het nie selfmoord gepleeg nie. Sy is vermoor! Dit was elk geval my opinie van die begin af. Te veel dinge maak net nie sin nie en kom nie bymekaar uit nie. Ek wil nie vir Pieter beskuldig nie. Dit kan enige een van die 5 wees wat hier was. Die een is meer agterbaks en skelm as die ander een. Elkeen van hulle het baie goeie rede gehad om dit te doen.
Ek glo, en ek weet ek is reg dat Linda nie selfmoord gepleeg het nie. Sy is defnitief vermoor. Ja, soos gewoonlik was sy dronk. Soveel makliker vir iemand om haar vol pille te stop. My mond is egter gezip want ek was nie hier nie en ek gaan nie betrokke raak in 'n moordsaak nie.
Ek en die dame het die trop hondjies in die hoofhuis toegesluit. Hulle was gewoond om snags by Lind op die bed te slaap en sal vrek in die koue as hulle buite moet slaap. Ek het die huis se sleutel by my en sal hulle moreoggend vroeg uitlaat. Ons het gereel dat die D.B.V. al die diere, die hondjies, 2 katte en die vreelike kwaai hond more kom verwyder.
Die familie sal eers die 20e hier bymekaarkom en besluit wat om met die meubels en die huis te doen. Ek moet ook nog 'n inventaris opstel oor watter meubels in my kaie myne is en watter Linda se meubels is.
Vanaand is ek geheel en al alleen op die perseel. Geen sekuriteit of niks. iemand wou by my kom oorslaap want hulle is bang dat van die mense deur die nag hier kan kom probleme veroorsaak. Ek is egter heel rustig en kalm. My VADER is in beheer en ek weet Sy engele staan bankvas reg rondom my kaia.
Ek het met my base gepraat en die situasie aan hulle verduidelik. Daar was aanvanklik 3 opsies vir my, waarheen ek kan trek. Die een het vanaand deur die mat geval. Sal more hoor van die 2e een en deur die loop van die week van die ander een. Die groot probleem is dat hier werklik geenblyplek is nie. 'n Ander opsie was om 'n huis met 2 ander te deel, maar ek sieen nie daarvoor kans nie. Te lief vir my privaatheid.
Op SY tyd sal my Vader vir my wys waarheen.
My baas wil hierdie plek koop, maar dis 'n RDP huis en mag eers oor 8 jaar verkoop word.
Ek gee nie om wat gebeur nie. Al wat ek vra is dat as ek en 'n paar ander reg is in ons vermoedens dat Linda vermoor is, die skkuldige aan die man gebring sal word, en sommer baie vinnig ook.
Nou het julle lekker koerant gelees. as daar verdere verwikkelinge is, sal ek laat weet.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Dood2
Jikes!!
4 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud


Dood. 2
Asvoëls kry 'n mens orals, sterkte daar.
4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Dood 2
Ai Jan dit is baie hartseer... hoeveel is enige mens (goed of sleg dan) se lewe werd?? As jy reg is hoop ek dat die skuldige sommer gou aan die pen sal ry.. Sterkte vir jou en hoop jy kry gou n nuwe kaia
4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud


rubriek
Sjoe dis niks lekker nie en senutergend glo ek. Sterkte daar.
4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


koerant
Omtrent n koerant. sterkte Jan hoop jy kom gou reg met n blyplek
4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


Genade . . .
hoe verskriklik vreeslik. Die werklike lewe is voorwaar erger as fiksie.

STERKTE Jan!

4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar