Rubrieke

Titel: Forum
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wil nie graag moed opgee nie, maar daar kom 'n tyd wat mens maar die waarheid direk in die oog moet kyk, of jy nou wil of nie.
Lyk my ek is deesdae die enigste spook wat op Forum kuier. Dit wil voorkom of my twee vriendinne, Ano en Ans ook belangstelling daar verloor het. Die enigste ander een wat nog so af en toe daar inloer is Elizabeth met haar Christelike afdeling.
Naas Woes, was Forum altyd die hoogtepunt van my dag, maar helaas.....
Ek kom agter dat dinge selfs hier op Woes nie meer so woes en kookwater gaan soos voorheen nie?? Wat gaan aan mense?? Selfs om gereelde skrywers raak al stiller.
Ek kry vriendskapversoeke en hoor dan net nooit weer iets van daardie persoon nie. Hoekom dan so 'n versoek stuur?
Is dinge besig om dood te loop, of wat gaan aan?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Forum
Mmm, het ook gesien die bydraes op Woes is skraps, maar skryf dit toe aan die feit dat 'n klomp mense oor die afgelope jaar aan die skryfprojek deelgeneem het en nou bietjie rustiger verkeer. Ekself speel so bietjie 'Twister' om al die balle in die lug te hou.
Forum... gonnas, ek soek nog na iemand wat gebottelde tyd verkoop :-))) Eintlik het die gesprekke daar al lankal reeds doodgeloop. Jammer dat jy die geselskap mis. Ek lees soms saam, maar het nie altyd 'n bydrae om te lewer nie. Sorrie!
4 jaar 6 maande 1 week 1 uur oud


Forum
Ek deel ook jou kommer Jan. Soos almal reeds aangedui het is tyd altyd n groot probleem, ek het werklik nie tyd om sommer net te sit en gesels nie (forum). Dan dink ek ons moet rustig wees, Woes volg mos maar die eb en vloed so met tyd sal dinge weer oplewe, dink hierdie tyd van die jaar is die mense al moeg en wag net vir Desember om te gaan rus. Dan dink ek ander sosiale netwerke het ook n baie groot invloed want die blootstelling daar is meer tasbaar en dadelik beskikbaar, dus voel die skrywers seker meer mense lees saam.

Ek glo egter dat WOES n baie groot bestaansreg het en dat dinge weer met tyd sal bedrywig raak
4 jaar 6 maande 1 week 7 ure oud


Forum
Oor Forum kan ek nie praat nie. Dit is vir mense wat baie tyd het om te sit en gesels.

Oor Woes moet jy nie bekommer nie.
Traffic raak periodiek meer en dan weer minder.

Ek volg net my 'lees' statistieke en dan raak ek beswaard want die lesers hou net aan met lees en ek skryf niks nuut nie wat beteken hulle lees ou goete.

Toe klim ek hierdie week in en doen sommer 'n paar bydraes.

Dit is Woes. Skryf oor wat vir jou belangrik is - jy gaan baie ander mense ook raak.
4 jaar 6 maande 1 week 9 ure oud


Forum


Jan, dalk het die gereelde skrywers nie meer iets om te sê nie, die jongeres nie lus om iets te sê nie en die res kan of wil niks sê nie.

(Of dalkies -heel moontlik! is Pegasus net maar 'n bietjie erg salpeter gery en moet mens maar kans gee dat hy weer fris uitrus...)
4 jaar 6 maande 1 week 10 ure oud


forum
tyd is n groot faktor Jan en ek stem saam met jou oor Woes dinge is dood op Woes
4 jaar 6 maande 1 week 15 ure oud


Forum
Jan ~ ek is jammer oor Forum (vir julle) maar ek het régtig nie die tyd vir daar ook kuier nie. Ek sukkel my te dood om reg te kom met die inkommery daar.

Ek sien ook dit gaan so stil op Woes . . . dis jammer. :(
4 jaar 6 maande 1 week 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar