Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Hierdie ,artikel’ van Louwrens (Woes)hou hom besig met die vraag, en ek haal woordeliks aan: “Waar kom Johannes aan die nommer van die dier as 666?” en dan konkludeer hy nie net nie, maar konstateer deur as gesag te verwys na (1) Openbaring 6:12-17; (2) Openbaring 9:13-21 en (3) Openbaring 16:12-16 en 19: 7-9 (respektiewelik) dat:
(1) “So die eerste ses gaan oor die mense wat nie die HERE as hul HERE erken het nie, en sal saam met die die fisiese aarde vergaan wat hier aangekondig word. En, daar is geen omdraai later nie.”(sic.)
(2) “Dit is die mense wat ten spyte van die fyt dat hulle deel van die verbond was, so hulle het die fisiese verwoesting van die aarde oorleef, maar hulle het nie geglo dat daar bekering moet plaasvind nie. So hulle het wel die Paradys gesien, maar nogsteeds geglo dat die HERE nie teenoor hulle ook sal optree nie.” (sic.)
(3) “Die mense wat naak bevind word is die wat glo dat jy geen werke hoef te doen as Christen nie, so hulle is naak…” (sic.)
Die skrywer som dan op: “So die eerste ses is wanneerdie ongelowiges geoordeel word wanneer die fisiese aarde verwoes word, die tweede ses handel oor die wat deel is van die verbond maar met hulle sondes aangegaan het en nie heiligmaking gesoek het nie, en die derde ses die wat glo dat jy maar net kan aangaan met jou lewe, sonder om ‘n verskil in die wêreld te maak.” (sic.)

Met respek; die gestelde vraag -reeds uitgeblaf in die aanhef van hierdie ‘artikel’- behoef mos nie so ‘n ‘ eie-ekkige’ benadering en bespreking nie? Is dit wat in die Bybel staan dan nie genoegsaam as voldoende antwoord op die gestelde vraag nie? Want ek lees helder die volgende as uiters relevant in Openbaring:
(a) “Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van die mens: en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.” (Hoofstuk 13:18)
(b) En op die vraag “Waar kom Johannes aan die nommer van die dier as 666?” antwoord die Woord van God (Die Bybel) mos ondubbelsinnigduidelik dat die hele boek van Openbaring gaan oor : “Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon… en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het…” (Hoofstuk 1:1 e.v.) Is hierdie nie ‘n afdoende antwoord nie? Waarom dan die onkundige vraag “Waar kom Johannes aan die nommer van die dier…”)?

Verdra my om, wat die artikelskrywer se mening in (3) supra betref, te bevraagteken teen die uitdruklike belofte en -vermaning van Paulus in Efèsiërs 2:8 en 9: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”

(Nou weet ek mos, uit eie gestoei met Jakobus 2, dat skeef getrap kan word wanneer Jakobus sê dat “…so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.” (Jakobus 2:17)
Maar moenie hieroor skrik of twyfel aan die konsekwentheid van God se toegelate uitsprake in Sy heilige Woord nie, want Paulus lê klem op redding; Jakobus weer lê klem op die dra van vrugte na redding deur geloof wat omvat liefde teenoor God en medemens na bekering maar steeds oorsprong het in God se onbegryplike Goddelike genade!

Ek voel my voorts verplig om ernstig te waarsku dat die Bybelboek Openbaring nie maar ligtelik as eng letterlik, histories, simbolies of andersins gelees en ge-interpreteer kan word nie! Leiding van die Heilige Gees is absoluut nodig en daarom is voorbidding heilssoekend wanneer ons artikels, rubrieke ens. lees en evalueer. Laat in Godsnaam julle lei deur die Woord en nie deur emosies of voorkeure nie en waak om vae aanhalings, selektiewe aanhalings en veral verdraaide aanhalings uit die Bybel sonder naspeuring van Bybelse outentisiteit te aanvaar. Skadelik vir die gees en die hiernamaals!

Paul.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die merk van die dier. Die 666.
Henkst,

Henkst,

Dankie vir jou kommentaar wat grootliks gebaseer is op Dupuis, ‘n Franse satanis van sy tyd en wat die skepper was van o.a. die teorie dat Christus maar net ‘n mite is. Dus dan nie eienaardig nie dat sy teorie oor die eeue heen eintlik min positiewe aanhang en aandag geniet het.

Die aanname dat Openbaring doodeenvoudig gaan oor astronomie is, met respek, onsinnig, tensy mens dit natuurlik eiegeregtig en totaal uit konteks tot so ‘n engheid wil degenereer. Openbaring 1:1 bevestig uitdruklik dat dit in hierdie Bybelboek gaan ,,… om … te toon wat gou moet gebeur…”


4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 1 uur oud


Die merk van die dier. Die 666.


Moses, kennis geneem en jou slotparagraaf behoef geen kommentaar nie.
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 3 ure oud


Die 666
Hi. Al wat ek probeer wys het is dat Openbaring self vir ons wys waar die 666 vandaan kom. Die gemiddelde leser let nie op dat elke keer waar daar in Openbaring 'n verwoesting plaasvind dit altyd die sesde gebeurtenis is nie. Dit is al wat ek uitwys. En ja dit is so dat daar 'n oordeel gaan kom en kan ek nie maar net aan genade vashou nie. Die HERE verwag 'n sekere lewensstyl soos deur Paulus verwoord is "“Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.” (1 Kor 5:6-8)"

Die 666 is iets wat ek nooit opgelet het nie en daarom het ek dit gedeel. Jy kon mos ook maar net kommentaar gelewer het eerder as om nou 'n nuwe rubriek te skep. Of dink jy dalk dat jy meer mense so sal kry om jou insigte te lees?
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 7 ure oud


The Book of Revelation
“The book known by the name of the Apocalypse, has seemed to be until now unintelligible, merely because people persisted to see in it a real prediction of the future, which every one has explained after his own fashion, and in which they have always found what they wanted, namely anything but that, what the book contained.”—Charles François Dupuis (1798)
The thing about the Book of Revelation is once you understand the key to deciphering it it's not very interesting.
The Book of Revelation is just astronomy. It makes numerous references to various constellations in the night sky.
It's all explained in Chapter XII of the rare book 'The Origin of All Religious Worship' by Charles François Dupuis. The complete book is available offsite. Chapter XII starts on page 408 @ http://www.solarmythology.com/books/dupuis/dupuis12.htm.
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar